Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 22/09/2021

Scroll to top

Top

INSPIRARE | Sondagaande by SG

INSPIRARE | Sondagaande by SG

INSPIRARE | To inhale, to breathe in

Inspirare is geleenthede om inspirasie te vind. Hierdie platvorm van worship en werkswinkels oor aktuele tema’s (wat oor drie weke strek) gaan jou nooi om deel te neem  aan God se bedoeling: om ons te vul met lewensasem en -energie (Hand. 17). Ons vind onsself dikwels daarsonder – veral in hierdie tye. Kom soek saam met ander na ’n ontmoeting met die Bron van asem terwyl ons saam aanbid of deelneem aan interaktiewe werkswinkels  wat die landskap van ons lewens verken.

Inspirare gaan op Sondagaande gebeur. Die formaat is telkens as volg:

  • 18:00 – 18:30: Aanbidding
  • 18:30 – 18:45: Koffie
  • 18:45 – 19:45: Werkswinkel

Daar sal telkens meer as een werkswinkel gelykertyd plaasvind – jy kies sélf die een waaraan jy wil deelneem. Dit bied aan jou die geleentheid om deel te neem aan aanbidding, sowel as kort werkswinkels gefokus op aktuele tema’s.

Jy is welkom om slegs te kom aanbid, of net die werkswinkel by te woon.

SIELVOL (André)

Tydens hierdie werkswinkel gaan jy na jouself kyk deur ’n fundamentele Bybelse lens: jy is SIEL. Hoe bied SIEL’n raamwerk vir ’n herontdekking van jou eintlike identiteit? Hoe vind ons weer sielvolle ritmes, en hoe lyk die soulful lewe wat hieruit kan voortspring?

Bespreek jou plek: info@sg.org.za

LAUNCHING ROCKETS  (Deon)

Ouerskap-werkswinkel gebasseer op Rob Bell se audioboek “Launching Rockets”Ons kinders kyk hoe ons dans, kyk waarheen ons spore loop en vandaar kry hulle ’n prentjie van die lewe. Na watter tipe lewe nooi ons spore hulle? Dis nie ’n werkswinkel vol ouerskapwenke nie, maar eerder ’n kykie na hoe ons ouerskap benader.

Bespreek jou plek: info@sg.org.za

Worship Werkswinkel (Stephan)

Ons ontdek en verken die landskap van Christelike aanbidding as geloofsgewoonte, as individue maar ook saam met ander.

Ons gesels saam oor verskeie geloofsgewoontes rondom aanbidding en hoe dit elke aspek van jou lewe infiltreer.

Bespreek jou plek: info@sg.org.za