in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
14.jpg
Wat is die storie met die Bybel...'n Prentjie van Menswees @ 10:00
Lees
Laai af
Luister

 

My naam is...

Die waarde van ’n naam

  • Ek is Esau!  - ’n Vals label  (Gen 32)


 

 

  • Die invloed van ander

  • Handgemaak

Om in die spieël te kyk –
’n Oomblik van waarheid


Imago Dei –
’n Nuwe label
(Gen 1:26-27)


Die Bybel –
Die storie van ons nuwe naam
(Gen 32:28; 1 Joh 3:1 )


Vrae om oor na te dink:
  1. Dink na oor jou naam.  Wat beteken jou naam vir jou?  Wie is jy in jou eie oë?
  2. Dink na oor die mense, gebeure en omstandighede wat jou gevorm het.  Wie of wat het die grootste invloed gehad op jou karakter, hetsy positief of negatief?
  3. Watter labels plak ander graag op jou?  Waarom dink jy is dit die geval?  Watter effek het dit op jou menswees?
  4. Watter vals labels vanuit die wêreld rondom ons plak jy graag op jouself?  Waarom?  Watter effek dink jy het dit?
  5. Op watter wyse kan jy met Jakob se verhaal identifiseer?
  6. Gaan kyk lank na jouself in ’n spieël.  Wees met God eerlik oor wie en wat jy geword het.  Bid dat Hy die Jakob in jou aan jou sal wys.
  7. Wat beteken vir jou om na God se beeld gemaak te wees?
  8. Hoe kan hierdie nuwe label jou help om met nuwe oë te kyk na jouself?
  9. Hoe kan dit jou help om nuut te kyk na ander mense?
  10. Praat met God oor die innerlike verandering waarmee jy geseën wil word.  Wat moet verander in jou lewe?
  11. Bid dat God deur sy Gees sy liefde vir jou sal bevestig.  Bid dat jy meer bewus sal raak van God se beeld in jou.
  12. Hoe kan jy deur die lees van die Bybel meer bewus raak van ’n God se label vir jou?




 
Wat is die storie met die Bybel...'n Prentjie van Menswees @ 19:00
Lees
Laai af
Luister


Die Bybel het baie te sê oor die mens:

Gen 1:26-27
Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

In Sy beeld en Sy verteenwoordiger

Mense het waarde

Matt 5:21-22
21 "Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: 'Jy mag nie moord pleeg nie...;
22 Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

Lees meer...
 
Brood & Wyn community
Brood en wyn is simbole.

Dit herinner ons aan die nagmaal – die ritueel wat ons verbintenis met God bevestig. Dit herinner ons aan etes – die daaglikse gebruik wat gesinne, families en viende bymekaar bring.

Ons wil vier dat ons aan God en mekaar behoort deur as gemeente saam te eet. Kom gee van jouself en van jou kos en wees deel van die community van Stellenbosch Gemeente.
Lees meer...
 
Skedule

925 Kaas & Wyn

Oemf Eethuis is waarheen die 925’ers jou uitnooi vir hulle volgende kuier.

Bring jou eie bottel wyn & R50 om deel te wees van die kaas-en-wyn-kuier Donderdag, 19 Augustus. Daar is beperkte plekke beskikbaar so RSVP so gou moontlik! Kase, brode en ander lekkernye is ingesluit. Dis ook die eerste kuier saam met Dewaldt, moet dit nie misloop nie.

Navrae en RSVP: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien VOOR Maandag, 16 Augustus

Vir meer inligting: Marissa 021-886 6883


 
Lief & Leed

Stellenbosch Gemeente wil graag as ‘n geloofsgemeenskap saam voorbidding doen tydens tye van swaarkry, maar ons wil ook saam met jou dankbaar wees of vreugdes deel.

Deel gerus jou, of iemand anders se storie met ons!

Jy is ook welkom om ’n vertroulike gebedsversoek aan ons deur te gee, wat net deur ons voorbiddingspan hanteer sal word.

Kontak gerus vir Marissa Truter.
 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf