



| Wat is 'n kleingroep? |
|
Kleingroepe bestaan gewoonlik uit 6 tot 12 lede wat weekliks bymekaarkom. Groepleiers neem die leiding maar elke kleingroep verskil in grootte, ouderdomme, samestelling en werkswyse.
Ons moedig groepe aan om hulle lewens met mekaar te deel, vir mekaar te sorg, saam Bybel te lees en saam te bid. Op hierdie manier probeer lede om hulle eie lewensstories met God se storie te verbind. Die volgende vrae is belangrik: hoe raak die teks wat ons lees, die ervaringe wat ons deel, die DVD’s waarna ons kyk, of wat die groep ook al doen, elkeen se lewe? Wat probeer God daardeur vir ons sê? Hoe kan dit ons liewer maak vir God, mekaar en die wêreld, sodat dit wat in die groep gebeur iets van God se koninkryk in die wêreld vestig? Behoort, groei en dienbehoort is ’n plek van ...
om te groei is om...
om te dien is om ...
|