



| Web |
|
Die heel eerste aanlyn-webwerf het in 1991 verskyn (sien http://en.wikipedia.org/wiki/Website). Hierdie webwerf was maar basies en ongeveer 20 mense het aan die webwerf gebou. Stellenbosch Gemeente se web-span bestaan tans uit mense wat kundig is in visuele ontwerp, inligtingsontwerp en joernalistiek. Een van die gemeente se bedieningsleiers speel ook ʼn leidende rol en saam droom hulle groot oor ʼn kreatiewe virtuele ruimte wat mense bymekaar bring. Die web-span het interaktiewe ruimtes geskep waar enige iemand welkom is om hulle mening te kom lig. Die idee is om meer as net ʼn tradisionele kerk-webwerf te wees maar ʼn ruimte waar mense met vars perspektiewe vorendag kan kom. Stellenbosch Gemeente hoop dat die web vir alle mense die ruimte kan gee om vrae te vra en in dialoog met mekaar te tree. Die herontwerp van die 2009 weergawe van sg.org.za het in Januarie 2008 begin onder leiding van Pieter Roeloffse, gewese spanleier van die gemeente se kreatiwiteitsbediening. Kontak Sanet Stander om deel te word van hierdie span. |