in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
david_johannes
David Johannes

Vlaeberg (Pastoor)

Kind en kraai...vertel van jou gesin...Ek en my vrou, Shirley, was 28 jaar getroud. Sy is in 2009 skiekik en heeltemal te vinnig oorlede. Ons oudste seun, David is getroud, dan het ons ’n dogter wat in Dubai skoolgee, Daylean, en ons jongste dogter Melinda studeer nog. Ons het deur die jare ook ander kinders grootgemaak en in ons huis ingeneem. My broer en sy vrou se seun woon by ons. Moridouw se ouers is albei oorlede en ek is sy voog.

As ek die dag weghol kies ek koers...hardloop ek gewoonlik weg na die Koue Bokkeveld. Ons gaan bly graag in die berge op vriende se plaas daar.

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...ek hou van die ou-skoolse Kaapse musiek. Jy weet, Old School!

My lekkerste lekker is...om net alleen te wees en dalk ‘n boek te lees, daai is nou my lekkerste lekker! En ook saam met my familie tyd deur te bring, in die bos of in die berge. Ons is ’n baie close familie.

Ek herwin my fokus deur...ek is nogal van daai soort, vir my om regtig te unwind moet ek alleen wees. Ek ry ver, ek hou verskriklik daarvan om in die nag te ry. Ek kan ure alleen ry, nag en dag, petrol ingooi en weer ry. Ek kry ook baie Woord as ek so alleen ry.

Kontak Johannes - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf