in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
ansurette
Ansurette Lourens

Videobediening

Waarvan het jy te veel in jou huis...Het te veel MiniDV videokamera tapes! ...en kitare (in ander mense se oë)

Watter rugbyspan ondersteun jy...Province! Stormers!

Is daar iets wat jy mis van die laaste 30 jaar?
Ek mis die inry, die regte inry, nie een wat op 'n winkelsentrum se dak is nie, maar die wat jy 'n entjie moes voor ry naby 'n vliegveld of so. Ek het goeie inry memories, ons kon met ons pajamas op die klimraam gaan speel en daar het voor elke movie 'n Tom & Jerry cartoon gewys! Ek het dit geluv! Ons het nog so ou Camelkleur Ford Cortina gehad in daai dae en dan het my pa altyd die sitplekke afgeslaan en ek en my broer het agterin gelê met ons eie sjokoladetjie en melkie. En hoe classic was die silwer speaker nie?! Dit het ons altyd oor die venster se randjie gehang.
Ek mis ook Woolies se Prawns chips wat hulle gehad het in my laerskool dae!

Vertel van jou gesin...My ma en pa woon in Pretoria en ek het ’n jonger broer wat in Langebaan woon.

As ek die dag weghol kies ek koers...Langebaan se wêreld toe, of Mdumbi in Transkei.

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...Coldplay, U2, Beatles of Tree63.

My lekkerste lekker is...om kreef te eet na ’n lekker dag se surfing.

Ek herwin my fokus deur...see toe te gaan.

Strengthfinder Strengths:

Empathy, Developer, Adaptability, Positivity, Includer

Kontak Ansurette - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Website: Orcansu Productions

 

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf