



| Chantal Schreuder |
FinansiesWaarvan het jy te veel in jou huis? Ek dink seker maar sweeties, maar dit raak so vinnig op. Vertel van jou gesin...Ons is seker ‘n weird gesin. Ek en my man, Ulrich het baie jonk getrou. Ek was maar net 20 en hy 21, maar toe het ons al 5 ½ jaar uitgegaan. So vandag na 10 jaar is ons nog baie gelukkig getroud met twee woelwaters wat ons op ons tone hou. Chane, nou 4 ½ jaar lyk nes ek, net met donker hare en Ulricke nou 16 mnde lyk nes haar pa. Verder is ons baie gelukkig en het rerig niks om oor te kla nie. Ulrich werk vir Santam, doen opleiding vir hulle, so hy is baie weg van die huis. Ja, ek is nou nie juis mal daaroor nie, maar hy is gelukkig in sy werk en dis al wat tel. Chane het nou begin skool gaan by Eikestad. Die twee kleintjies is nogal baie in mekaar se hare, maar ek troos myself daaraan dat hulle nie vir ewig klein bly nie. As ek die dag weghol kies ek koers...na ‘shopping malls’. Wat is nou lekkerder vir enige vrou as om inkopies en "window shopping" te doen. As ek moody raak sê my man altyd jy het retail therapy nodig. Nou ja… Om die wêreld uit te sluit luister ek na...Jammer om te sê en vir die wat nie van Afrikaanse musiek hou nie, maar ek is mal oor Nicholas Louw se musiek. My man weet, as ek af voel beur dit my baie vinnig op. Jy weet, almal het mos spesifieke “feel good songs”. Nog ‘n gunsteling is op my kleintjie se CD “Super strong God” & “One way”. My lekkerste lekker is...om net niks te doen nie, en die kinders dop te hou. Veral as hulle speel en dis iets wat hulle geniet. Dis oomblikke wat mens vir ewig sal kan onthou, veral in vandag se gejaagde lewe. Ek herwin my fokus deur...rondom my te kyk en te sien alles waarvoor ons as gesin dankbaar kan wees. Soveel om voor dankie te sê. My man is seker die een wat my gefokus hou. Ons cheer mekaar op.
Kontak Chantal - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien |