in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
marissa
Marissa Truter

Inligtingskoördineerder

Waarvan het jy te veel in jou huis? Met Input as 'n strength moet ek seker vrede maak daarmee dat ek vir die res van my lewe te veel van 'n verskeidenheid goed gaan hê...ek is 'n versamelaar maar hou tog van eenvoud ook en hou ook gelukkig van weggooi ook...net nie tydskrifte nie!

Watter rugbyspan ondersteun jy...? Mmm...ek kyk nie juis rugby nie, maar as ek moet sal ek 'n Springbokwedstryd kyk.

Is daar iets wat jy mis van die laaste 30 jaar? Ek mis dit om regtig te kommunikeer, nie die tegnologiese moets wat deel geword het van 'n daaglikse vereiste nie. Ek mis Desember vakansies as gesin en die sorgelose manier waarop ons kind kon wees. Dan maak dit my dankbaar vir my grootword.

Vertel van jou gesin...Op hierdie stadium twee huismaats en twee katte, al vier my hart se punt. Ma en Pa (Nic & Hester) boer tussen die sandsteenkoppe van die Oos-Vrystaat en my twee broers (Andre & Christoff) woon onderskeidelik in die Kaap en Stellenbosch.

As ek die dag weghol kies ek koers...Weskus (Velddrif) toe, daar kan ek wegraak tussen mense wat lief is vir ‘slow’ leef en van eenvoud ’n kuns maak.

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...absoluut niks. Ek skakel meeste oggende nie eens die radio in my kar aan nie!

My lekkerste lekker is...om mense om my te bederf deur iets lekker te kook, ’n mooi tafel te dek en daarom saam te kuier.

Ek herwin my fokus deur...iewers heen te ry in my kar...met die radio af en die vensters oop. Gewoonlik waar daar ’n berg en bome is wat altyd ’n vertroostende en kalmerende invloed op my het.

Strengths volgens Strengthfinder:

Input, Connectedness, Arranger, Responsibility, Empathy

Kontak Marissa - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf