in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
amanda
Amanda van der Vyver

Pastoraat

Waarvan het jy te veel in jou huis? Ek sal moet sê boeke…want ek het boeke op my rak (lees boks) wat ek nog nooit gelees het nie en waarskynlik nooit sal nie. Maar ek dink ook nie ‘n boek is iets wat jy weggooi nie, want sê nou maar… (alhoewel ek voel so oor meeste goed!)

Watter rugbyspan ondersteun jy...? WP eerste, dan die Stormers, dan die Bokke, dan die ander provinsies, dan die ander lande, dan Australië en dan die Blou Bulle

Is daar iets wat jy mis van die laaste 30 jaar? Ek mis dit om te kan speel, sonder speelgoed. Ek en my boetie het ure buite deurgebring deur op en af op ‘n ou sleeper couch kussing te spring...

Vertel van jou gesin...My ma, pa en boetie bly in Table View. My boetie is my gunsteling persoon in die wêreld...was nog altyd.

As ek die dag weghol kies ek koers...See toe!! As ek my tone in die nat sand steek, maak niks anders saak nie. As my jean in die proses tot by my knieë kan nat word dat die klam sand nog ure daaraan kleef en ek met kaal sand-voete kan rondloop, nog beter!!

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...Miles Davis of as dit nie naby is nie, enige trompet-klavier-kontrabas-drums-kombinasie wat goeie jazz improv doen!! Die res van die tyd luister ek U2, Coldplay, Sting, Dave Matthews, John Mayer, Jack Johnson, Eva Cassidy...en ek sit 5fm aan wanneer ek uit die bed uit klim soggens.

My lekkerste lekker is...om my dag te begin met ’n koppie goeie koffie en ’n vars koerant.
En dan is daar my ma se pampoenkoekies met baie kaneelsuiker (op die warm koekie dat die suiker stroperig is). En daar moet genoeg wees om die volgende oggend ’n yskoue een direk uit die yskas te kan eet.

Ek herwin my fokus deur...Te kuier met vriende – te filosofeer oor die lewe en te lag tot ons asems op is en die trane loop. As dit 2h in die oggend is en die vriende is nie naby nie, help ’n koppie slowly-brewed koffie altyd.

Strengths volgens Strengthfinder:
Connectedness, Developer, Adaptability, Relator, Belief

Kontak Amanda - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf
ilaçlama, Seo Uzmanı, ilaçlama, Kene ilaçlama, haşere kontrol