in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
andre
Andre Serfontein

Leraar / Kleingroepe

Kind en kraai...vertel van jou gesin...Ek is al tien jaar getroud met Anne – how time flies when you’re having fun! Ons het in September 2008 ’n babaseuntjie, Stèph, ryker geword. Hy is die grootste geskenk denkbaar! Hy kry dit nogal reg om elke dag in perspektief te sit!

As ek die dag weghol kies ek koers...na die gholfbaan of die see. Gholf is een van die min vorme van ontspanning waar ek vir ’n paar uur van alles vergeet en net fokus op daai klein wit balletjie...min mense verstaan dit! Die see het ’n geweldige kalmerende invloed op my – kan vir ure net staar. Dit geld ook nogal vir my seuntjie!

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...meestal Coldplay en U2. Dis nou totdat Stèph tannie Carike ontdek!

My lekkerste lekker is...om te ontspan by ons huis, op die stoep te sit en te kuier met spesiale mense.

Ek herwin my fokus deur...stilte en ’n Illy cappucino! En..deur te lees. Sommige skrywers het nogal die vermoë om die realiteit vir my in perspektief te sit.

Kontak André - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf