in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief

basaar

Dankie vir almal se bydraes tot dusver, elke liewe item en paar hande maak dit 'n realiteit!

Ons het egter nog 'n hele paar goed nodig:

 

VEILING

Ons is seker dat elkeen van julle iewers in of om die huis ’n item het wat ’n aanwins vir ons basaarveiling kan wees. ONS BENODIG NOG SOWAT 80 ITEMS; - hierdie is die geleentheid om daardie meubelstuk of huishoudelike toerusting wat in onguns verval het te vervang en die oue vir ons veiling te skenk;...en moenie vergeet van gereedskap wat in die tuin en garage staan en stof vergader nie; ons kan dit gebruik. Attie en Ronnie kom dit graag by jou oplaai as dit te groot is om te vervoer, maak asb kontak!

 

WAT BENODIG ONS NOG DRINGEND?

By die dienste sal ons pakkies beskikbaar hê met wenslysies in, maar jy kan reeds ietsie koop en saambring Sondag

  • Lekkergoedtafel: fizzers, stokkielekkers, pakke lekkers, fudge, klapperys, rice-crispie-balle, enige iets wat 'n kind se hart sal bly maak!
  • Gebaktafel: daar is nog bokse wat gevul kan word met iets wat NET jy die lekkertse kan maak, jy kan self kies wat jy wil maak. Ons gaan ook ’n coffeeshop hê waar jy porsies van iets kan koop, so bak gerus iets lekker daarvoor ook
  • Nageregtafel: Daar is heerlike beloftes vir warm nageregte, koue poedings + vla word nog benodig
  • Tombola & Witolifant: bring asb vir ons items wat nog bruikbaar is, al daai geskenke agterin jou gangkas wat jy nooit gebruik het nie!
  • Kinderklere en speelgoed wat nog mooi en bruikbaar is.
  • Koerante en  papier vir dekor (as jy wil help maak aan die dekor laat weet ons ook)
  • Langlewe melk
  • BRING ASB SAKKIES ASAP TERUG – KERK of KERKKANTOOR

ETEKAARTJIES VIR DIE BASAAR: sal van volgende Sondag af by Infotoonbank beskikbaar wees.

 

  • Jy kan kontant of met jou kaart kaartjies koop.
  • Groot pannekoekbestellings + Hoofmaaltye + kids Masterchef maaltye (Kinkel en Konkel konsert ingesluit!).

 

As jy deel van die span wil wees wat voor en op die dag gaan betrokke gaan wees (maw as jy 'n pannekoek kan bak, ys aan 'n eskimo kan verkoop of sommer net so van agter die tafel af wil kuier) kontak ons asseblief!

021-8866883 | Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf
ilaçlama, Seo Uzmanı, ilaçlama, Kene ilaçlama, haşere kontrol