in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
groen.jpg
Ons sien uit na...

Transkei Projek 2011 | 26 Junie - 3 Julie | +/- R2000 per persoon

Transkei en die Mdumbi gemeenskap is die afgelope drie jaar deel van die jongwerkendes se hart en 'n plek waar ons jaarliks liefde gaan lééf. Vanjaar vervang ons die woord uitreik met projek. Die groep van 20 - 25 se fokus verskuif vanjaar van bouprojekte na leerders, met 'n spesiale fokus op die matriekleerders. In Januarie vanjaar het 'n viermanskap die aanvoorwerk gaan doen en toe reeds begin droom van die terugkeer in Junie.

Philip du Plessis, Francois Malherbe, Amanda van der Vyver en Stephan Fourie se droom:

In  die weggesteekte hartjie van ʼn grasbedekte Transkei woon ʼn waardige Xhosa-gemeenskap, ryk in tradisionele kultuur, maar baiekeer vergete deur die ambisieuse stadgewaan. Die Makosi-gemeenskap is gewortel tussen trotse turkoois hutte wat die ongerepte heuwels sporadies, maar tog netjies versier. Die Wilde see dra dag-tot-dag ʼn agtergrondgesang aan hul klouter-wandelinge voor, en steeds is die bultende ooptes vir baie ʼn beperking. Dit is juis die kragtige golwe wat met hul magtelose boosheid teen die vasteland se ongeregtigheid takel...

Elke dag kies hordes geesdriftige Makosi-kinders om kilometers na hul naaste hoërskool te stap, net om pootuit hul plekke agter die skoolbanke in te neem. Op soek na  ʼn betekenisvolle toekoms, kom verken die leerders hul belangstellings, vaardighede en drome by die Ntshilini Senior Sekondêre Skool - dikwels in ʼn poging om die magtelose monotonie van hul omgewing te omskep.

Soveel Makosi-leerders droom om hul gemeenskap met kundigheid te transformeer.

Tog skiet die oorvol klaskamers daagliks uit sy nate, en benodig die Makosi-kinders individuele aandag, praktiese inligting oor na-skoolse moontlikhede, motivering, en soos jy, awesome avontuur. In Juniemaand het jy die geleentheid om saam met Transcape-NPO, An Unravelling Exploration en Stellenbosch Gemeente op ʼn lewensveranderende verkenningstog in die Makosi-streek van die Transkei te gaan, juis om iets tot die gemeenskap se behoeftes by te dra, en jou eie wêreldbeskouing uit te daag...

As groentjie gaan ons jou toerus om kleingroep loopbaanontwikkelingswerkswinkels te fasiliteer, terwyl jy ook kan deelneem aan supergees avontuurlustige aktiwiteite saam met die Makosi-kinders. As kreatiwiteit jou dryf, kan jy jou ervaring in detail gaan dokumenteer en die Makosi-stories op ʼn skeppende manier tuisbring.

Kom ruil geraas in vir stilte, kom ruil praat in vir luister, kom ruil voorveronderstellings in vir begrip, kom ruil ego in vir feilbaarheid, en net so belangrik, kom ruil jou aktetas in vir ʼn surfboard! As die Transkei en haar kinders jou roep, maak seker dat jy met ingepropte-oorfone-voete-uit-die-motorruit-uit jou plek bevestig vir Stellenbosch Gemeente se Transkei Projek 2011.

As jy hierdie lees en jy word iewers aangepor deur 'n stemmetjie wat sê: Gaaaaaan, gaaaaan e-pos ons dadelik: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien en word deel van die span se avontuur.

Word ook deel van ons e-pos versprydingslys, 'n vinnige manier om op datum te bly van die Jongwerkendes se doen en late. Stuur jou naam en kontakbesonderhede na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

 

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf
ilaçlama, Seo Uzmanı, ilaçlama, Kene ilaçlama, haşere kontrol