in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
muur.jpg
Spanne

Jy voel dalk dat die merk wat jy laat te klein is of dat jou merk geen verskil maak nie. Ons het heelwat studentespanne wat saam probeer om ʼn betekenisvolle merk in hierdie gemeenskap te laat. Hierdie spanne wil jou help om saam ʼn groot verskil te maak. Jou merk + my merk + hulle merke = GROOT VERSKIL.

Leierspan

Die leierspan is die ‘dink-en-doen-kern’ van die studentebediening. Dit is studente wat innoverend en kreatief dink en drome uitvoer. Met die twee-weeklikse bymekaarkoms op Donderdagmiddae, droom die studente leierspan groot. Kontak gerus vir Roelof Nel as jy belangstel om deel te word daarvan.

 


Dienste spanne

Sondae is daar heelwat spanne wat help dat die drie dienste vlot verloop. Daar is soveel dinge waarmee jy kan help soos koffie skink, geld opneem, saal opruim en gasvryheid. Dit is ook ’n geleentheid vir studente wat ’n behoefte het aan ‘community’ om deel te word. As jy dalk Sondae wil help, skakel gerus vir Sanet Stander.

Kampe

Help ander weer om te besef dat hulle 'n merk kan los. As jy ondek het dat jy die vermoë het om die wêreld te verander, kom help ons om ander weer daarvan bewus te maak.

Eerstejaarskampe

Elke jaar verwelkom ons die eerstejaarstudente op kampus. Die eerstejaarskamp vind middel-Januarie plaas en almal wat graag ʼn ervaring met ander wil deel is welkom om saam met ons te reis. Ons waarborg dat jy met ten minste een belewenis sal terugkeer na Stellenbosch.

Afskop kamp

Of jy nou pas begin swot het of al lank op Stellenbosch studeer, ons wil jou graag die geleentheid gee om op ’n ander plek as Stellenbosch te ‘connect’ en te kuier. Almal is welkom.

Kontak gerus vir Roelof Nel jy wil neem aan die kampe.

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf