



| Studentwees |
|
Son, sosiaal, swot, seën, saam, sambreel, see, seer, skreeu, skryf, skuld, slaag, slaap, smaak, sleutel, soek, speel, stilte, en stop. Dit vorm alles deel van studentwees op Stellenbosch. Dit klink vreeslik opwindend en uitdagend maar stel jou voor dat jou studentedae net oor jou gaan? Hoeveel armer sal die wêreld nie wees nie! Alles is ‘connected’Ons glo dat alles in die heelal met mekaar verbind is. Dalk het julle al die gesegde gehoor wat veronderstel dat wanneer ’n vlinder sy vlerke in China klap, die wind in Kenia begin waai. Dit wat jy doen het ’n invloed op die hele kosmos. Hoe ‘awesome’ is dit nie? Jy as student het dus ’n invloed.....Stellenbosch Gemeente droom dat jy jou ten volle kan uitleef en terselfdertyd jou merk in die wêreld kan maak. Kyk vir ’n oomblik na jou vinger. Besef jy jou afdruk is uniek? Daar is niemand in die hele wêreld wat dieselfde merk as jy het nie. Jou merk op hierdie plek is uniek. Ons glo dat daar ’n groter merk op jou lewe is en dat God sy vingerafdruk op jou en die hele skepping plaas. Maak daarom jou merk, hoe klein ook al jou afruk mag wees. As jy jou merk op iemand anders los, maak dit ’n verskil in die hele wêreld. As jy ʼn behoefte het dat Stellenbosch Gemeente saam met jou ’n merk los op hierdie plek, kom reis gerus saam met ons. Maak gerus kontak en stuur ʼn e-pos aan Roelof Nel.
|