in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
kinders.jpg
Kidaah

Kidaah is Stellenbosch Gemeente se opwindende kinderbediening wat gemik is op drie verskillende groepe kinders:

  • Die voorskoolse klas (3 tot 5 jariges) wat Sondae in die Paul Roos Personeelkamer bymekaarkom
  • Die juniorgroep (graad 1 tot 3 leerders) wat Sondae in die klaskamers in die Paul Roos vierkant bymekaarkom
  • Die seniorgroep (graad 4 tot 6 leerders) wat Sondae in die Japie Krige Saal op die Paul Roos-gronde bymekaarkom

Die kinderkerk begin elke Sondagoggend om 10:00, parallel met Stellenbosch Gemeente se oggenddiens.

Selfs al is julle gaste by Stellenbosch Gemeente, maak gerus 'n draai by Kidaah met jul kinders.

Ons visie is om elke kind na ʼn verhouding met Jesus te begelei en hulle toe te rus vir die lewe. Ons droom is dat Sondae se uurlange kinderkerk die beste uur in jou kind se week sal wees!

Kidaah kan daarom nie onafhanklik gesien word van die ‘grootmens-bedieninge’ nie. Dieselfde kernwaardes geld ook in die kinderbediening:

Verhouding

ʼn Verhouding met God: Ons glo dat die verstaan van die lewe alleen in God gevind kan word. Alles wat ons doen, moet ʼn groter liefde vir God, onsself en ander naby ons, bring. (Matt 22:38, Heb 10:24, Efes 3:17)

ʼn Verhouding met gelowiges: Ons glo aan ʼn gemeenskap van gelowiges wat in ʼn baie nou verhouding met mekaar leef. Dit behels konsepte van liefde, “community” en mentorskap. (Joh 17, Joh 13 en Hand 2)

ʼn Verhouding met die wêreld: Ons glo dat mense wat verlore is belangrik is vir God en daarom belangrik is vir ons. Dit behels konsepte van verhoudingsevangelisasie en sensitiwiteit. (Matt 9, Luk 15, Luk 19 en Joh 4)

Eietyds

Ons glo dat God in sekere tye op sekere maniere praat en dat ons binne die “tydsgees” die evangelie moet bring. Ons kan nooit die evangelie relevant maak nie, ons kan alleen die relevantheid lewe binne ʼn gegewe kultuur (Hand 13:36, Ps 100:5)

Verder leef ons in binne ʼn ‘EPIC’-kultuur waarbinne mense God soek:

Experiential: Mense spandeer meer geld op vermaak as op gesondheid en klere. Elkeen van ons is ‘n Jakob wat met God worstel. Die ontmoeting word die boodskap.

Participatory: Mense wil nie meer net belangstel of hoor nie, maar ondersoek en deelneem. Die kultuur van verteenwoordiging word vervang met ‘n deelnemende kultuur.

Image Rich: Beelde genereer emosies, en mense tree op volgens hulle emosies. Die metafoor word die bindende taal van al die verskillende tale wat daar is. Kultuur praat die taal van simbole. Die brein kan nie sonder beelde dink nie.

Kontak: Deon Botha

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf