



| EVE.lution |
eve.lution dagboek:25 November 2009 18h00 vir 18h30 Oemf-restaurant, R90 Tema: Vrede, Vreugde, Hoop & Liefde op ‘n prettige, praktiese wyse! Navrae/bespreking: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Bespreking is noodsaaklik! Vrouens speel verskeidenheid rolle: Dikwels is sy ʼn vrou vir haar man, ma vir haar kinders, kollega in die werkplek, vriendin in haar vriendekring, taxibestuurder, skeidsregter, helper en leier. Noem dit, en sy doen dit! Dit kan maklik gebeur dat ʼn vrou haarself afskeep in die uitleef van al hierdie verskillende rolle. Met eve.lution wil ons graag elke vrou ʼn gefokusde geleentheid gee om te groei in haar verhouding met God, dit vir haar moontlik maak om hierdie verhouding te integreer in al die rolle waarin sy haarself bevind. Die informele besprekings en kuiertjies wat na toesprake plaasvind, skep die geleentheid vir omgee en emosionele ondersteuning tussen ander vrouens wat soms dieselfde verhale deel. Op hierdie manier leer hulle by mekaar, meer van hulself en meer van Hom. Deur betrokke te raak in mekaar se lewens leer ons ook om nie net op onsself te fokus nie, maar regtig kerk in die wêreld te wees en ook daar te wees vir ander vrouens in ons gemeenskap. ’n Ander behoefte vir vrouens is om ‘community’ te ervaar en vriendinne te ontmoet. Aangesien ons ʼn redelike groot gemeente is, is dit soms moeilik vir mense om vriende te maak. Veral geskeides, ongetroudes of nuwe intrekkers sukkel soms om in te skakel en tuis te voel. Waar en wanneer?Elke 6 tot 7 weke nooi ons ʼn spreker om relevante onderwerpe te bespreek. Na die toespraak is daar geleentheid vir die vroue om hulle stories met mekaar te deel. Vir wie is eve.lution?Alle vrouens van alle agtergronde, ouderdomme en kultuurgroepe Eve.lution droom om elke vrou te verryk en haar verhouding met God te versterk om sodoende ʼn invloed in ander se lewens te hê. Kontak gerus vir Eileen Herreilers ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ) as jy wil deel word van hierdie groep. |