



| Jou gesin |
|
Voel jy soms soos ʼn rek wat in verskillende rigtings getrek word? Aan die een kant neem jou werk te veel tyd in beslag en aan die ander kant vereis jou gesin die res van jou aandag. Ons wil definitief nie nog ’n rigting wees waarin jy getrek word nie, maar jou eerder ondersteun in jou poging om op ʼn missionale wyse as gesin te leef. Baie dinge verander in ons hedendaagse samelewing. Chris Rock, ’n bekende Amerikaanse komediant het by die M-TV musiektoekennings gesê: “It used to be that music was here today and gone tomorrow. Now it's here today and gone today.” Hoe leef ons as mense en as gesinne in so wêreld? As gesinne het ons ondersteuning nodig in ʼn wêreld wat voordeurend verander. Ons verstaan en beleef die uitdagings van ons eie gesinne en daarom skep Stellenbosch Gemeente ’n ruimte waar jy eerlik en eg kan wees, en waar jy hulp en raad kan vra. En natuurlik ook advies kan gee! Indien jy wil betrokke raak by Stellenbosch Gemeente se gesinsbediening, of net meer wil uitvind oor die bediening self, kontak gerus vir MC Engelbrecht. |