


| InVia |
Sondae @ 10:00 - Venue: Conradie-sportveld se Klubhuis, Varsitylaan, Tamboerskloof, KaapstadKontakpersoon: Jenny | 083 230 1270 Sondae @ 18:00 -Venue: Reddam House Skool, Cavalcadestraat 20, GroenpuntKontakpersoon: AJ | 083 415 3579 InVia beteken ‘oppad’, en net soos Stellenbosch Gemeente glo hierdie gemeente dat daar deur die eeue heen ’n ‘pad’ is wat die mens kan loop. Dit is die pad van sin, voel, glo en diep nadenke oor wie die mens is. “Die mens se soeke na, en afdwaal van hierdie pad som die geskiedenis van die mensdom op. Weg van hierdie pad loop ander paaie, paaie waar die mens sy siel verloor met geld, goed, en godsdiens. Dit is paaie van verwonding en verwording.” InVia sal daarom uit mense bestaan wat, soos Stellenbosch Gemeentelede saam probeer soek na die pad van harmonie met Hom wat die pad ken en is, die pad soos wat ’n mens dit in Jesus kan sien. Stellenbosch Gemeente se hoop is dat InVia vir mense ’n gemeenskaplike pad van passie saam met God sal bied. Enige persoon wat bereid is om te help met die gemeente is welkom om Sondae te kom inloer (kontak vir AJ: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ). Theo is die spanleier saam met AJ Griesel, Dries Cronje, Antoon de Klerk, Bernard Schoeman, Johan Smith, Sophia van Taak, Lou-Ann Stone, Frieda van den Heever, Jenny Middleton en Piet du Plessis. Besoek gerus die InVia webwerf. |