



| Musiekbeleid |
Melodie (wat ons glo)
Ritme (wat ons doen)
Ons glo daarin om betrokke te raak by aksies wat ons oor grense neem. Hier is paar voorbeelde van sulke geleenthede: Musiekbediening reik uit na...Huis HorisonDie tweede laaste Woensdag of Donderdag (onderskeidelik) van elke maand knyp ons tyd af van ons gereelde oefentye om te gaan kuier by die inwoners van Huis Horison.Een van ons musikante, Leonie Avenant, skryf: Die Koffiekroeg… By Huis Horison is alles gratis…jy kan kies en keur. Daar is liefde, geluk, vreugde en aanvaarding en 'n heerlike koppie tee. Indien jy 'n moeilike dag gehad het by die werk…gaan maak definitief 'n draai by Huis Horison, want binne etlike oomblike sal jy al jou probleme, hang-ups en sorge vergeet. Dit is 'n voorreg om vir hierdie spesiale groep mense die koffiekroeg aan te bied en om hulle nader aan die Here bring. Hulle is vriendelik, uitgehonger vir geselskap en soek net 'n bietjie vertroeteling. Net so veel soos wat Huis Horison ons kuiertjies geniet, en dit vir hulle baie beteken, so kan hierdie aande vir ons wat 'normale' lewens lei, ook ongelooflik baie beteken. Hulle sing al die liedjies met soveel oorgawe en eerlikheid, en is altyd positief en liefdevol. Ek voel dit is wonderlik om 'n Godlike diens aan hierdie mense te lewer. Ons is so bevoorreg dat ons kan kitaar, klavier of dromme speel en die mense van Huis Horison kan dien. By Huis Horison is GOD altyd welkom. By Huis Horison is JY altyd welkom. Hierdie groep mense aanvaar jou sonder enige huiwering en laat 'n mens net weer besef dat dit is die klein dingetjies in die lewe wat saak maak om sodoende eendag die ewigheid te betree. Blokfluitlesse vir die kinders van KayamandiLouise Fourie Skryf: Gedurende 2008 het medewerkers van Stellenbosch Gemeente die kinders van Kayamandi aan blokfluitlesse blootgestel. Twee projekte – Khulani Kayamandi en die Trust-sentrum se naskoolprogram – het hierby gebaat. Die projek was so bevoorreg om 10 nuwe Yamaha-fluite deur die bemiddeling van Gerhard Roux (US Konservatorium) te ontvang. Volgens beplanning gaan hierdie lesse teen die tweede kwartaal van 2009 weer ‘n aanvang neem. In ’n poging om te meet of ons musiekbediening eietyds relevant is, vind ons die EPIC-maatstaf van Leonard Sweet baie handig.Experiential Define vanuit Peterson Participatory Tydens eredienste lê ons sterk klem op deelneemende worship- meestal deur sang, gebed, stilte, ens. For worship to be vital, people must claim it as their own work, not just the job of the paid professionals. Eugenia Gamble Deelname word bevorder deur: Die keuse en verwerkings van liedere Die vloei van die verskillende elemente in die diens Die musiekgroep wat die gehoor lei en inspireer deur hul voorbeeld. Konsekwent die teologie van worship te kommunikeer Image rich Ons glo die kombinasie van lirieke en beelde is powerful en eietyds relevant. Ons werk saam met die multi-media afdeling om beelde te gebruik wat die boodskap van liedere versterk (of selfs kontrasteer). Die lirieke van die liedere wat ons sing word ook op die elektroniese skerms vertoon om deelname te bevorder. Community Deelnemende worship bevorder community. Samesang is iets wat ’n groot groep gemaklik kan saam doen en skep ’n baie goeie platvorm vir ’n gehoor om iets van community te ervaar. Community tussen musikante (mederwerkers) is vir ons belangrik! Ons skep community geleenthede vir die musikante soos kuier aander, kampe, ens. Harmonie (wie ons is)Stellenbosch Gemeente se musiekspan bestaan uit ongeveer 50 medewerkers, wat op ’n weeklikse basis die musiek tydens eredienste behartig. Daar is studente, jong werkendes en selfs oueres van dae wat almal aktief deel neem aan die aktiwiteite binne die musiekspan. Die bediening en die span word bestuur deur Stephan Cloete. Sanet Stander bied administratiewe en organisatoriese ondersteuning binne die musiekbediening. Quotes (Stuur vir ons enige quote wat jy dink ook hier moet kom)“Maybe public worship is intended to be a runway or launching pad, to inspire us to rise toward a more holistic kind of worship that expresses itself through the lyric of daily living, through the rhythm of work and family and rest and play, through the music of kindness to strangers and labors for justice and deeds of neighborly compassion. Maybe the best worship is what happens after the service, not during it. Maybe the most inspiring worship is that which inspires us to live well after the amplifiers are unplugged.” – Brian Mclaren“Religion can be the enemy of God. It's often what happens when God, like Elvis, has left the building.” – Bono “I just kind of go: Well, I think I know what God is. God is love, and as much as I respond in allowing myself to be transformed by that love and acting in that love, that's my religion.” – Bono “As a rock star, I have two instincts, I want to have fun, and I want to change the world. I have a chance to do both.” – Bono “Music was an alarm bell for me, it woke me up to the world.” - Bono Kontak Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien |