in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
angs.jpg
Ondersteuningsgroepe

SEKSUELE TRAUMA


ʼn Wyse persoon het al die opmerking gemaak dat seksuele mishandeling die siel van ʼn mens doodmaak en dat stilte rondom hierdie ervaring die potensiaal tot nuwe lewe onderdruk. Slagoffers van seksuele mishandeling ervaar dikwels trauma wat in verskillende vorme tot uiting kom. Dit kan wissel van antisosiale gedrag, skuldgevoelens, angsversteurings en tot intimiteitsprobleme.

Aangesien die skaamte rakende seksuele trauma vir baie mense oorweldigend voel, sukkel slagoffers dikwels om die stilte rondom hul ervarings te breek. Stellenbosch Gemeente is tans besig om ʼn veilige ruimte skep waar mense met uiteenlopende verhale van molestering en verkragting in konfidensialiteit bymekaar kan kom. Dit sal ʼn ruimte met ʼn gemaklike atmosfeer wees waar mense bloot kan luister en oor hulle ervarings kan gesels as hulle so sou voel. Ons verbind ons daartoe om ʼn stabiele en vertoulike ruimte te skep waar daar met respek en sonder oordeel na mense geluister word.

Die groep sal deur André Kilian, ʼn kliniese pastorale terapeut van Stellenbosch, gefasiliteer word en belangstellendes sal self die identiteit en groei van die groep kan bepaal.

Indien jy al een of ander vorm van seksuele misbruik ervaar het, is jy welkom om vir Amanda van der Vyver te kontak om meer hieroor uit te vind. Alle kontak sal streng vertroulik hanteer word.

...........................................................................................................................................................................................................................

Ons almal het die behoefte om met mense te skakel wat begrip het met ons unieke reis. Stellenbosch Gemeente bied in samewerking met die NG Kerk Moedergemeente Stellenbosch jou die geleentheid om in te skakel by ʼn groep wat jou kan ondersteun in jou reis met:

  • depressie en angs
  • homoseksualiteit

In hierdie veilige ruimtes kan jy saam met ander dink, gesels, en jou storie deel. Ons hoop ook om hierdie saamreis-geleenthede uit te brei deur ander ondersteuningsgroepe te vorm volgens jou behoeftes.

Kontak gerus vir Amanda van der Vyver of 021 886 6883 as jy wil deel word van ʼn bestaande ondersteuningsgroepe of ʼn behoefte het om ʼn nuwe ondersteuningsgroep te inisieer.

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf