



| Missionale gemeente |
|
Sedert die vroegste tye het die kerk die term ‘Missio Dei’ (Sending van God) gebruik om iets te probeer verduidelik van wie God is en waarom die kerk bestaan. Die woorde ‘Missio Dei’ het van die vroegste tye na die Drie-Eenheid verwys. Gelowiges het geglo dat God nie net vir Homself bestaan nie, maar binne 'n wederkerige verhouding van Vader, Seun en Heilige Gees. Hierdie wederkerige liefdevolle verhouding is deur 'n gestuurdheid aan die wêreld bekend gemaak. ’n Missionale gemeente is ’n geloofsgemeenskap wat alle mense uitnooi om God se liefdevolle sending na hierdie wêreld toe uit te leef. Die Sending van God (Missio Dei) leer ons die beste ken in Jesus Christus se liefde vir hierdie wêreld. ’n Gelowige word nie net geroep nie maar ook gestuur. Daarom bestaan ’n missionale gemeenskap om die boodskap van Jesus te leef en te doen. Hierdie boodskap het te doen met reg, barmhartigheid en trou. Die boodskap van Jesus is nie veroordelend, of slegs teoretiese konsepte nie maar kan slegs binne ’n liefdevolle verhouding plaasvind. Ons verstaan hierdie liefde die beste binne die vleeswording van Jesus. 1Kor 9:19-23 "Even though I am free of the demands and expectations of everyone, I have voluntarily become a servant to any and all in order to reach a wide range of people: religious, nonreligious, meticulous moralists, loose-living immoralists, the defeated, the demoralized -whoever. I didn't take on their way of life. I kept my bearings in Christ - but I entered their world and tried to experience things from their point of view. I've become just about every sort of servant there is in my attempts to lead those I meet into a God-saved life. I did all this because of the Message. I didn't just want to talk about it; I wanted to be in on it!" ’n Missionale geloofsgemeenskap is nie die eindverbruikers van die evangelie nie, en ons beskou geloof as ’n reis. Dit is ʼn reis waarop elke gelowige groei binne hulle roeping en daarom sal diensbaarheid, opoffering en kruis-opneem die hart van hierdie missie wees. ‘Roeping’ word weer verstaan binne die konteks van die gawes wat God aan elkeen gegee het. ‘Gestuurdheid’ handel oor die boodskap van Jesus wat aangevuur word deur ’n onvergenoegdheid en weersin teen dit wat die Skepping (aarde en die mens) skaad. ’n Missie word aangevuur deur ʼn sterk passie en dringendheid. Daarom is regverdigheid, billikheid, eerlikheid en liefde die konteks waarbinne bediening plaasvind (Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Matt 6:33). Ons glo ’n missionale gemeenskap word gevorm waar:
|