in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
plantjie.jpg
Retreats

Die volgende Meditatiewe of Stilte diens - 13 Junie 2009

Kom breek weg van die geraas en gejaag van die lewe en raak stil voor God by die Christian Brothers gronde in Paradyskloof van 9:30 – 15:00. ‘n Geestelike reis van meditasie om balans te herwin en kalmte, te midde van ons daaglikse aktiwiteite en probleme, te ontdek.

Koste hieraan verbonde is R50 pp, koffie en tee sal bedien word, bring asb jou eie piekniekete vir middagete saam.

Registreer by die inligtingstoonbank of kontak Mimi Zaayman,
Tel: 021-531 2646

“If you love Truth be a lover of silence. Silence, like the sunlight, will illuminate you in God and will deliver you from the phantoms of ignorance. Silence will unite you with God.”-Kelsey

Deur stilte en meditasie word ons bewus van die teenwoordigheid van God. Wanneer die hart stil word, sal dit insig ontvang en die ore van ʼn stil gees sal wonderlike dinge van God hoor. Van tyd tot tyd hou ons geestelike ‘retreats’ saam met die Sentrum vir Spiritualiteit (www.christianspirit.co.za). Tydens hierdie wegbreke fokus ons op verskillende aspekte van spiritualiteit soos dissiplines, gebed, aanbidding en dieper geestelike belewenisse.

“In silence all our usual patterns assault us. Our patterns of control, addiction, negativity, tension, anger, and fear assert themselves. That’s why so many people give up rather quickly.” – Richard Rohr

Om stil te word voor God, en oor Sy Woord te mediteer gee ons balans en die vermoë om kalm te wees te midde van ons daaglikse aktiwiteite en probleme. Wanneer jy mediteer hoef jy dus nie afstand te doen van jou geloofsoortuigings nie. Dit is ʼn natuurlike manier waarop jy enige tyd en plek jou liggaam en siel kan laat rus.

Vir meer inligting rondom hierdie Retreats, kontak gerus vir Wilma Enslin-Geyser.

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf