in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
sleutel.jpg
Community

Wat beteken dit om in gemeenskap of ‘community’ te leef? Mense se persepsie van die Christelike geloofsgemeenskap het dikwels te make met ʼn gepoleerde, moreel vlekkelose groep mense. Is dit egter wat die Bybel ons leer oor ware ‘community’?

Vir ons het die lewende definisie van wat dit beteken om in ‘community’ te leef, meer fasette. Perfeksie het eintlik niks daarmee te make nie. Gebroke mense wat saam die misterie van God ervaar en sy wil najaag, is wel ʼn voorbeeld hiervan. Ons sien ‘community’ as ’n organisme (die liggaam van Christus) wat voortdurend groei, reproduseer en aanpas (Ef 4:15). Dit is ʼn groep mense wat in geloof (en nie vaste sekerhede nie) uitdrukking gee aan hulle verhouding met God (1Pet 1:9). Om in ‘community’ te leef beteken dus om as liefdevolle gemeenskap vir ’n hoër/groter doel te leef (1Tim 6:12; Efe 4:4). Ons glo verder dat die holistiese versoening van ʼn dualisties-gefragmenteerde wêreld die uitkomste is van ʼn lewe in ‘community’ (Joh 17:21-23; 11 Kor 5:18).

Om Jesus as ’n geloofsgemeenskap te volg beteken ook om God te leer ken soos uitgedruk in Jesus Christus. Dit gebeur deur totale oorgawe en gehoorsaamheid aan Christus deur wie ware kennis en begrip plaasvind (Kol 2:6).

  • “we don’t behave our way into believing but believe our way into behaving” (Jak 2:20)
  • uit geloofsgemeenskap ontmoet ons God en ook mekaar (Matt 18:20)

Ons glo dat ʼn lewe in ‘community’ altyd tot voordeel van die wêreld is. Om in gemeenskap te leef beteken:

  • om soos Israel lig en heil vir die wêreld te word (Jes 41:8; Gen 12:3)
  • om soos Jesus aan te pas, vlees te word en te inkarneer om sodoende kultuur-relevant en verstaanbaar te kommunikeer (1 Kor 9:19)
  • dat informasie sal lei tot positiewe transformasie
  • om mense binne hulle lewensmissie holisties as leiers toe te rus vir hierdie taak (Matt 28:19)
  • dat ons poog om dissipels te maak wat nie met ’n verbruikersevangelie mentaliteit leef nie maar met ’n pastoraal-missionale hart (Joh 3:30; Joh 15:13)
 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf