in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
plantjie.jpg
Kursusse

Wanneer ʼn mens oop is om te luister, te lees, vrae te vra, jou eie voorveronderstellings en paradigmas te ondersoek en bereid is om ou waarhede op ’n nuwe manier te ontdek, stel jy jouself oop vir die moontlikheid om te groei. Stellenbosch Gemeente probeer toenemend geleenthede skep waar jy geïnspireer kan word om te groei.
ʼn Geloofsverhouding met God is daarom nie ons einddoel as gelowiges nie, maar net die begin. Ons glo dit is die begin van ’n eindelose proses van groei waar ons al meer verander word om aan die beeld van Christus gelyk te word (2 Kor 3:16).

Stellenbosch Gemeente bied tans drie kursusse aan wat geleenthede bied tot groei. Jy is verder welkom om Brian McLaren se aanlyn dissipelskapkursus te volg. Vir meer inligting hieroor, volg gerus die skakels in die regterkantste kieslys.

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf