Agtergrond |
Die feit dat jy hierdie woorde lees beteken dat jy kan sien. Om die fisiese werklikheid te kan sien is ’n geskenk – dis nie ’n gegewe nie.
Almal kan nie sien nie. Almal kan nie hoor nie. Almal kan nie voel nie.
Soms is ons geloofsoë blind. Soms hoor ons nie dat God met ons praat nie. Soms ervaar ons nie meer dat Hy naby is nie.
Ons doen ‘28 Dae van Geloofsgewoontes’ omdat ons - weer, opnuut, vir die eerste keer, vir die soveelste keer - gewoontes wil aanleer wat ons help om meer bewus van God te leef. Hierdie gewoontes kan ook dissiplines genoem word.
Spiritual practices are ways of becoming awake and staying awake to God. - Brian McLaren
Om geloofsgewoontes te kweek is nie ’n wat nie, dis ’n hoe. Die wat agter ’n groter bewustheid van God is God se droom dat ons elkeen groei in geloof, nader aan die lewe en voorbeeld van Jesus.
Geloofsgewoontes gaan oor geloofsvorming |
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. - 2 Kor 3:18
God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. – Rom 8:29 (Message)
Geloof word nie in 'n vakuum gevorm nie, maar binne ’n lewe waar sekere geloofsgewoontes deel word van ons daaglikse ritme. Jesus se lewe demonstreer só ’n ritme. Bybelse geloof veronderstel dat volgelinge van Jesus ook hierdie pad stap.
Geloofsgewoontes is dus die hoe van geloofsvorming.
Wat geloofsgewoontes NIE is nie |
- Dis nie ’n manier op God te manipuleer nie.
- Dis nie net nog ’n program en meer informasie wat my geestelik maak nie.
- Dis nie op sigself spiritual nie. Wat daardéúr in my lewe kan gebeur kan spiritual wees.
- Dissiplines is nie wette of reëls wat voorskriftelik voorgehou behoort te word nie.
- Die dissiplines is nie die weg nie – Jesus is. Geestelike dissiplines laat nie die dinge gebeur nie – dis iets wat God doen!
- Dis nie eenmalige gebeurtenisse nie.
Wat geloofsgewoontes WEL is |
- Dis hulpmiddele wat ons sensiteif maak vir God, onsself en die wêreld waarbinne ons leef.
- Dit is rusplekke waar gelowiges die weg duideliker kan sien. Dit is plekke waar God dinge in en deur my kan laat gebeur.
- Dis bedoel om deel te wees van die ritme van ons lewens.
- Dit my aandeel tot my geestelike reis.
- Dit maak erns met die unieke behoefte van elke gelowige..
- Dit bly ’n dissipline! Dit maak ons meer bewus van God, maar daag ons ook uit ons ook tot groei, buite ons gemaksones.
Ons onderskei tussen veral drie kategorieë van dissiplines:
- Dissiplines na Bo – Maak jou meer bewus van God.
- Dissiplines na binne – Maak jou meer bewus van jou reis saam met mense.
- Dissiplines na buite – Maak jou meer bewus van die wêreld waarin jy leef.
Kom reis saam met ons |
Ons wil jou nooi om vir vier weke saam met ons die wêreld van geloofsgewoontes te ondersoek. Die ideaal is dat jy dit saam met iemand anders doen. Indien jy ’n man, vrou, vriend of vriendekring (hoef nie deel van ons gemeente te wees nie) wil deel maak van hierdie reis, wil ons vra of jy nie die fasiliteerder van hierdie groep(ie) wil wees nie. Dan wil ons jou graag nooi om deel te wees van ’n 2-uur lange opleidingsgeleentheid sodatons jou kan oriënteer rondom die reis. Indien jy nie ’n groep(ie) het nie, kan ons jou vir die reis deel maak van een. Die reis behels...
- ’n Vier-week-lange saamstap met geloofsgewoontes – elke week met ’n ander fokus.
- Sondagdienste wat ’n inleiding bied tot elke week (die dienste sal steeds waarde hê vir persone wat nie die reis deel nie).
- ’n Handleiding wat elke deelnemer daagliks begelei op die reis.
- ’n Daaglikse e-pos aan die deelnemers - gee perspektief en nuwe insigte.
- ’n Weeklikse groepsbyeenkoms waar julle jul ervaringe met mekaar deel.
- ’n Opleidingsgeleentheid vir al die fasiliteerders (jy kies een van drie geleenthede)
- ’n Weeklikse geleentheid (5uur op Sondae) vir fasiliteerders om raad te vra, ervaringe te deel, ens, asook ’n weeklikse e-pos aan fasiliteerders as deel van deurlopende ondersteuning en opleiding.
- ’n Gemeentefees op 7 Maart.
Mag hierdie reis jou beweeg... |
...van ’n deurmekaar geloofslewe na betekenisvolle ritme. ...van uit voeling wees na ’n beter konneksie met jouself. ...van ’n gejaagde lewe na meer rus. ...van ’n geraas na meer stilte in jou lewe. ...van geloof wat net in jou kop is na een wat jou hart raak. ...van doen na wees!
Registreer by
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
28 Dae Handleiding | Laai af | PDF
Druk die handleiding so:
- Voor & agter op A4 & vou na A5...die bladsye is genommer.
|