



| Tyd & plek |
|
Stellenbosch Gemeente se eredienste bestaan uit ʼn kreatiewe mengsel van musiek, multimedia en inspirerende idees. Hierdie geleentheid is een manier hoe besoekers en lidmate in ʼn deelnemende atmosfeer hulle talente en gawes kan gebruik om God te dien, maar ook diensbaar teenoor ander te wees. Mense wat bloot nuuskierig is of ernstige geloofsvrae het, is ook baie welkom. Die dienste by Stellenbosch Gemeente is inklusief en nie-intimiderend. Jy is welkom om een van die volgende twee dienste op Sondae by te woon: Oggenddiens 10:00 - 11:15 Aanddiens 19:00 - 20:15 Dienste vind plaas in die Paul Roos Sentrum by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. HULPlyn: 072 959 1333 Kontak: Sanet Stander KaartView Lager Map |