in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
sanet
Sanet Stander

Logistiekekoördineerder

Waarvan het jy te veel in jou huis? Tupperware

Watter rugbyspan ondersteun jy...? WP! (Stomers)

Is daar iets wat jy mis van die laaste 30 jaar? ...nie dat ek nou so vreeslik oud is nie...maar ek mis nogal gasvryheid, soos in die Karoo! Wat het geword van INVAL kuiers, sonder om eers 33 keer heen en weer oor sms/telefoon/facebook/google talk ens ‘n afspraak vas te maak wat almal pas, om 2 ure saam te kan kuier. Ek dink mens moet net meer TOEVALLIGE (random) kuiers hê. Ek het dit wel in my direkte vriendekring, maar die res ‘n maar ‘n dagboek-gedrewe besigheid.

Vertel van jou gesin...Ek is die jongste kind van 3, en daarom die meeste bederf. Ek is ’n tannie vir 5 broers- & susterskinders. My ouers woon in Clanwillaim. Byvoorbeeld kies ek nie om in die somer by hul te gaan kuier nie, hul kom kuier veel eerder hier by my met die see windjie wat in die aande oorstoot in Somerset-Wes.

As ek die dag weghol kies ek koers...en gaan lê onder my bed...of bo-op hom, maar verkies om te slaap, maar as ek die dag die pad regtig vat sal jy my langs ’n karoobossie kry, waar ek die stilte kan inasem.

Om die wêreld uit te sluit luister ek na...Coldplay! net in die kar, want ek luister nie na musiek in my huis nie, love die stilte van my huis.

My lekkerste lekker is...’n massage van kroontjie tot toontjie. Ek ontvang eerder een, maar gee ook graag.

Ek herwin my fokus deur...fotografie, die lewe is vir my een groot foto, wat wag om vasgevang te word. Kyk altyd deur ’n denkbeeldige lens en wens soms ek het my kamera vinniger uitgehaal.

Strengths volgens Strengthfinder:
Developer, Adaptability, Arranger, Positivity, Empathy

Kontak Sanet - Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf