in-karnasie
spacer
in-beweging
spacer
in-wording
spacer
in-klusief
woord.jpg
Artikels & Hulpmiddels
Die Pastorale Bediening van SG wil jou graag bemagtig om ondersoek in te stel oor die kwessies en simptome waarmee jy worstel of die wintertye waardeur jy stap. Die onderstaande inligting kan jou help om meer lig hierop te werp. Ons wil jou aanmoedig om nie alleen met hierdie simptome te stap nie, maar ons saam te nooi op die reis.

As jy meer wil weet oor sekere psigososiale kwessies, iemand wil uitnooi om saam met jou te stap of wil uitvind waar jy meer hulp kan kry, kontak gerus vir Amanda vd Vyver. Jy is ook welkom om jou insigte of jou storie met ons te deel.

LEES MEER OOR...VERSLAWING

Die mediese definisie van verslawing bevat 7 kriteria – toleransie, onttrekking, probleme om die gebruik van sekere middels/gedrag te beheer, negatiewe gevolge, die afstel of verwaarlosing van ander aktiwiteite, beduidende hoeveelheid tyd en emosionele energie wat spandeer word om met die spesifieke gedrag voort te gaan en die begeerte om die gedrag te staak of te verminder. Daar word verder beskryf dat individue wat aan ‘n middel of gedrag verslaaf is, daarmee voortgaan ten spyte van die kennis wat hulle het oor die negatiewe fisiologiese en/of psigologiese effek daarvan.

Die onderstaande artikels verskaf meer inligting oor spesifieke verslawings, asook hoe om dit by jouself en ander te identifiseer.

Tieners & verslawing - PDF

Dobbelverslawing - PDF

Eetversteurings - PDF

Klop aan vir ondersteuning

Dwelm- & alkoholrehabilitasiesentrums:

PDF

In geval van NOOD...

As jy ’n krisis het en dringend met iemand wil gesels, is jy welkom om Stellenbosch Gemeente se
HULPLYN te skakel by 072 959 1333.

Vir ander noodsituasies, kontak gerus nie volgende nommers:

Stellenbosch Hospitaal 021 887 0310
Stellenbosch Medi-Clinic 021 886 9999 (24h) / 021 861 2000
Ambulans (ER24) 084 124
Brandweer 021 808 8888
US Krisisdiens 082 557 0880
US Berskermingsdiens 021 808 2330
Stellenbosch AIDS Centre 021 808 2931
AIDS Crisis Line 021 461 1115
Kinderbeskermingsdiens 021 887 2816

Distriksgeneesheer (in geval van verkragting)

Dr Lizette Albertse
021 883 3805
 
 
Collaborative design by Stellenbosch Gemeente creative team & G2 New Media | Hosting by Websurf