|
Hier's twee sê-goedjies wat die 3-5 jariges gister in die klas kwytgeraak het:
- Ek het vir hulle 'n baie groot, moeilike woord geleer: selfbeheersing. Ter hersiening vra ek watter vrug wil God hê moet ons dra bv. wanneer jou boetie jou slaan en jy slaan nie terug nie, of wanneer daar 'n hele blik vol koekies is en jy vat net ene? Die antwoord word baie opgewonde uitgeskree deur 'n seuntjie nog voor ek klaar gevra is: "'n WONDERWERK!!"
- Ons het vrugte-sosaties ingeryg as 'n hersieningsaktiwiteit oor die Vrug van die Gees. Toe een van die seuntjies gevra word of hy 'n groen of 'n rooi druiwekorrel wil hê, sê hy "Ek wil van die wyn hê". (Dis toe die rooi korrel!)
Bybelsmokkel Quotes
Ons is van die Hemel.
Vraag: Kan jy braaivleis hemel toe vat? Antwoord: Nee, is jy stupid?
Jy moet in Jesus glo anders gaan jy hel toe gaan waar die duiwel jou steek met ‘n vurk, nie net 1 keer maar aanmekaar. Jona is opgetel deur ‘n ander boot wat verby gekom het en hom Nineve toe gevat. Die Bybel is ‘n brief van God af wat gekom het van die wolke. Die hemel is daar bo nie die blink deel nie die blou deel.
Vraag: Nou waste wonderwork het in jou lewe al gebeur? Antwoord: Ek was blind en nou kan ek sien.
Vraag: Wie is in die leeukuil gegooi? Antwoord: Abraham
Die hele Bybel is geskryf deur Dawid … ek dink. Malaria is aan van die 10 plae. Die Here het die man van malaria, “muf” genees. (Bedoel eintlik melaatses.) Habakak = Habakuk Daniël en Goliat Simson was deur Ragel verlei. Dililah is iets soos Ragel. Congo is die “scariest” agv Grete die tani met die vrat op haar oog.
Moes verduidelik wat die Bybel is en wie God is. “Moet vir mense van die Bybel gaan vertel.” Die vis, die brood en die baba wat agter die donkie gebore is, ag ek bedoel die stal.
Wat kan jy van die kamp onthou? Vlot bou en ons wen. Vlot bou en ons verloor. Het baie geleer. Het goed uitgesmokkel. Moet weer kom … ja, ja, jaaaaaa
Vraag: Wat is vir jou belangrik in jou lewe? Antwoord: God en kos. As God regtig vir my vra om iets te doen dan sal ek dit doen, maar nie anders nie.
Ons leiers deel graag 'n paar stories op hulle journey met die kinders...
‘n Dogtertjie in my klas het met ‘n baie oulike storietjie vorendag gekom. Ter agtergrond : ons het Geduld as vrug van die Gees bespreek. Ter demonstrasie het ek ‘n sak met ‘n koekie seep, ‘n t-hemp en ‘n sjokolade ingehad, wat drie kinders toe uit die sak getrek het. Elkeen van hierdie dinge was ‘n simbool van ongeduld – die sjokolade wat jy koop as jy haastig is, en voor jou in die ry staan ‘n tannie wat haar inkopies betaal deur sente af te tel, ens ens.
Ek vra toe sommer vir hulle wat hulle dink hierdie dinge gaan beteken. Haar antwoord was: “Ons maak die t-hemp vuil as ons sondig en ongeduldig is. Jesus kom dan en was ons skoon, dis waarvoor die sepie is. As ons skoon is, en ons is gehoorsaam aan Hom, dan kry ons die belonging van sy liefde, iets lekker soos die sjokolade.”
Dit was my besonderse oulike insig en toepassing komende van ‘n 7-jarige.
|