Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 25/06/2016

Scroll to top

Top

Indawo Yo Lutsha!

Indawo Yo Lutsha!

Op Stellenbosch is daar ‘n plek van veiligheid genaamd Youth Outreach – Jeuguitreik – Indawo Yo Lutsha! wat kinders tussen die ouderdomme van 5 en 17 vir ‘n maksimum van 6 maande huisves totdat hulle permanent in pleegsorg of in ‘n kinderhuis geplaas kan word. Die fisiese behoeftes van die kinders word goed aangespreek en die huise (daar is een vir seuns en een vir dogters) is netjies en skoon.  Dit het egter onder ons aandag gekom dat die kinders ‘n groot behoefte het aan liefde en aandag, en om veral naweke met iets besig gehou te word.

Hier volg die storie van Jeanerette se ontmoeting met die kinders van Youth Outreach. Jeanerette en die Momberg-gesin het ‘n gemeenskapswerker aangestel by Middelvei wat na die werkers en hulle gesinne se beoeftes om sien.

Oktober 2013 het die gemeenskapswerker vir Jeanerette gevra of sy ‘n middagetepakkie sal borg vir hulle sportdag. Jeannerette het besluit om nie te betrokke te raak nie, en dat sy eerder net sal bid vir die kinders. Saam met die lunch-pakkies het die kinders ook kersgeskenke en skryfbehoeftes ontvang, wat Jeanerette alles net daar wou aflaai. Baie versigtig om nie te naby te kom nie. Hier is Jeanerette se eie woorde:

“Megan (dis ‘n vriendin van my se 9-jarige dogtertjie) het met die voorstel gekom om kolwyntjies te bak en dit dan saam met die kinders  te versier. Sondagmiddag het ons die tog Stellenbosch toe aangepak! Gelaai met koekies, versiersuiker, suiker-vormpies, koeldrank, aartappelskyfies en twee sakke vol balle het ons, effens onseker oor wat om te verwag, daar aangekom.

Ons is met groot entoesiasme deur die kinders ontvang en hulle het gretig help aflaai. Gou was almal taai en trots om hulle skeppings vir ons te wys. Van die kolwyntjies is vinnig verslind, ander is gehou om die volgende dag skool toe te neem.

Megan het van die jonger kinders gehelp met die versiering en almal, ons inkluis, het groot pret gehad. Tussen die vriendelike gesiggies is die hartseer egter duidelik sigbaar in donker ogies en fisiese letsels op gesigte, arms en bene.

Na ons gehoor het dat hulle altyd op soek is na balle, het ons tussen die familie se oorskietballe sommer gou twee sakke gehad om ook saam te neem. Groot was die opgewondenheid toe Megan die balle uitdeel. Sy het allerande balspeletjies met die kleintjies gespeel en die groot seuns het ons met ‘n paar sokkertoertjies vermaak.

Die idee was dat ons iets vir hierdie kinders moet beteken, maar die waardering en vreugde op die kindergesiggies maak dat die proses ook omgekeerd is.

Ons kon vandag ervaar dat ‘n eenvoudige gebaar ‘n werklike verskil kan maak aan ‘n gebroke wêreld!”

Maar Jeanerette het verlief geraak op die kinders. Daar is soveel behoeftes. Die kinders wens om uitgeneem te word op uistappies. Yourth Outreach se kosbegroting vir  20 kinders in R4000 per maand, wat net net die gaatjies toestop.

Enige kind wat verjaar wil graag ‘n lekker ding kry op sy verjaarsdag en ‘n partyjie hou. Een van die Seuntjies by die Uitreikhuis het nie eers geweet dat hy verjaar nie. Jeanerette se woorde was “Dit is mal. Elke kind moet ‘n lekker verjaarsdag hê!”

Dis toe dat Jeanerette verledejaar ‘n Kersete reel. Kersdag kom toe nader, en ‘n paar moet inbly oor Kersfees. Een van die kinders weet nie wie is sy pa nie en die ma is weg. Die Jeug Uitreik het verlede jaar teen Kersfees geen skenkings gekry nie wat beteken dat hulle standaard kos gaan moet eet vir kersfees. Jeanerette samel toe heerlike kos in om ‘n lekker kerspartytjie te hou. Vriende van Engeland het toe R2 000 gegee vir geskenke en op 26 Desember word daar ‘n Kers-pool party vir die Outreach gehou en Lisa (een van die meisies van die outreach) se verjaarsdag word ook gevier.

Hulle het ook die Youth Outreach een van die Beneficiaries van die Middelvlei se Carols gemaak. Die die jaar begin besef hulle dat die kinders kort skoolskoene en toe kry Jeanerette nog ‘n paar borge om dit te koop. Omdat sy elke sent omdraai en mooi daarmee werk kon sy met die R6 000 wat sy ingesamel het kon sy skoolklere en skoolsakke en skryfbehoeftes vir elke kind bykoop.

Een van die kinders het gesê “Tannie, dis amper lekkerder as kersfees”

Een van die vriende van Engeland, Mike, het aangebied om tussen sy vriende ‘n borg vir elke kind te kry van R300 per jaar. Toe Jeanerette weer haar oë uitvee het hy R39 000 inbetaal.

Jeanerette sê eweskielik lyk die bankrekening baie goed en omdat sy spaarsamig met geld werk kan elke kind wat voorheen niemand gehad het om hulle beoeftes aan te spreek nie, nou met vrymoedigheid vra. En nou kan sy die geld gebruik vir spesialiteitsdienste wat voorheen net nie moontlik was nie.

Jeanerette sê dat die mense in die dorp is amazing. Sy het 20 Brille en oogtoetse op die dorp geborg gekry. ‘n Gewilde pediater op die dorp het ook aangebied om die kinders te ondersoek. Vriende se kleingroep sal die verjaarsdae borg.

Behoeftes: Jeanerette soek mense wat die Meisies elke Maandag op ‘n uitstappie sal neem. Iemand neem reeds die seuns. Sy sê dat die fondse is daar, sy soek net die vrywilligers wat dit kan doen. Dan kan mens ook daar gaan besoek aflê. Klere is altyd ‘n behoefte, omdat hulle met niks daar aankom.

Daar is geen speelplek vir die kinders nie, en hulle weet nie hoe om te speel nie. Hulle is gewoond daaraan om met daar te sit en daar is geen speelgoed nie.

Daar is ‘n erf tussen die Mercedes Garadge en die Huis en Jeanerette is besig om uit te vind of hulle gras daar kan plant en dit om te kamp vir die kinders om te kan speel.

Sy is so dankbaar om te rapporteer dat die projek uiters geseënd is. Hulle het 20 gratis duvets gekry, Mercedes is aan boord om beide huis as hulle gemeenskapsprojek aan te neem en ons het genoeg geld om vir elkeen van die kinders van Youth Outreach asook die 20 Drop inns (wat die sentrum daagliks vir etes en opvoedkundige programme besoek), elkeen ‘n reënbaadjie en ‘n paar reënstewels kan koop.

Die behoefte bly egter nog steeds vir vrywillegers om die kinders te besoek of uit te neem asook warm klere vir die winter.

Indien jy graag deel wil word van die storie kontak gerus vir Jeanneret Momberg.

By 021 883 2565 of jeanneret@middelvlei.co.za