Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 25/05/2016

Scroll to top

Top

In die nou saam met SG se Tieners

In die nou saam met SG se Tieners

deur Francois Malherbe (Tienerbediening)

(Foto’s heel onder)

Die afgelope naweek het ons tieners gaan kamp in n stil, avontuurlustige hoek van ‘n vallei in die berge tussen Hermanus en Stanford. Die tema van die naweek was hoe om ‘in die nou’ te lewe. Oom Jurgens Hendriks het saam kom kamp en het ook ‘n groot aandeel in die hut waar ons gebly het, wat met baie moeite en groot sukses deur die Berg en Toer Klub van Stellenbosch Universiteit opgerig is. Die hut se fantastiese ligging maak dat ‘n mens lag-lag voeling verloor met al die geraas wat ons elke dag ervaar. Daar is ‘n bergstroom wat naby die hut verby stoot, en ons het hom lekker hoor raas na Saterdag se vroegoggend reën. Oorkant ons kyk ons vas teen die vallei wat groen af hardloop na waar die tieners die swemgat ontdek het die Saterdagmiddag.

Ons noem onsself ‘Venture Out’. Na ‘n laat-aand debat het ons besluit op ‘Into The Moment’ as ons ‘motto’. “Ons wil bewus wees van dit wat om ons aan gaan en die waagmoed hê om te reageer op God se roepstem vir ons lewe”, hoor ek hulle sê, met hot-chocolate in hulle hande. Die wenner van hierdie voorstel het natuurlik ‘n warmwaterfles gewen wat volgens die Switserse Ingenieurs, wat dit ontwikkel het, jou water vir 17 dae kan warm hou en 250m kan val voor dit breek. Ons het natuurlik ook geleer hoe om ons eie stem te vind en nie alles te glo wat almal sê nie, maar eerder die vrae in ons harte te leef, een vir een. So vind ons self uit. Ons het gaan stil staan by die volgende woorde:

“Be patient toward all that is unsolved in your heart and try to love the questions themselves, like locked rooms and like books that are now written in a very foreign tongue. Do not now seek the answers, which cannot be given you because you would not be able to live them. And the point is, to live everything. Live the questions now. Perhaps you will then gradually, without noticing it, live along some distant day into the answer.”

Ons sien uit na die proses van vrae leef, saam met ouers, vriende en familie!

Kom gesels asb saam volgende Sondag om 10:00 as iets hiervan vir jou sin maak! Of as jy voorstelle het vir ons volgende avontuur?

Kontak Francois

 

2015-02-20 18.10.54-1 2015-02-20 18.17.57-1 2015-02-20 18.58.08-1 2015-02-20 21.16.18 2015-02-21 11.15.48 2015-02-21 11.21.08-1 2015-02-21 11.49.27-1 2015-02-21 20.56.37-1 2015-02-22 08.11.11-1