Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 12/12/2018

Scroll to top

Top

Hoop met verwagting

Hoop met verwagting

Ek lees gister in die Lééf tydskrif hoe mooi Lizette Murray – waarmee ons net nou die dag so lekker gekuier het by Eve – skryf oor die verhaal in Johannes 6 van die 5 broodjies en 2 vissies en hoe die seuntjie wat dit aangebied het met afwagting gehoop en geglo het dat Jesus regtig vir al die mense daar gaan kos gee met sy broodjies en vissies.

En dit laat my wonder oor hoop … Hoop ons regtig nog, en as ons hoop, hoop ons met afwagting?  Of hoop ons net so bietjie vir ingeval ons teleurgestel gaan word?

So maand of wat terug byt ons “stoute” Jack-Russel kruising hondjie ons tuin eekhoring dood.  En my hart is só seer, want hierdie eekhoring het elke vroeg-oggend oor ons dak gehardlopp en in die tuin, en my blommepotte, sy akkers begrawe.  En ewe skielik is dit stil, en ek voel hooploos, want niks wat ek wil laat werk in my lewe werk nie, en dinge waarvoor ek bid gebeur nie – hoe dan nou?  Half opstandig bid ek:  “Vader, nou is hierdie eekhoring weg, gee vir ons ‘n nuwe tuin-eekhoring, as teken van hoop”. En ek dink so as ‘n tweede gedagte, dit sal tog nie gebeur nie.  Groot was my verbasing toe my man 3 oggende later ‘n eekhoring op die buurman se gras sien sit.  “Maar dis nie in ons tuin nie Here, ek het gevra vir ONS tuin …”  Nog 2 dae later word ek wakker van voetjies wat stamp-stamp oor ons dak beweeg, en ek weet, dis my teken van hoop.  Die Here het my toe gehoor.  En elke oggend daarna hardloop eekhoring oor die dak en sit in die tuin.  Vanoggend maak ek die agterdeur oop en hier sit 2 eekhorings – my teken van dubbele hoop, en ek is verwonderd,  “Dankie Here”.

In Klaagliedere 3:25 – 26 (The Message – Remix) lees ek:  “God proofs to be good to the man who passionately waits, to the woman who diligently seeks.  It’s a good thing to quietly hope, quietly hope for help from God”.  Beteken quietly nie, rustig, stil, met afwagting nie?  En as ons met afwagting hoop, dan kan ons mos nie anders as om te glo dat God regtig vir ons net voorspoed beplan en nie teëspoed nie.  Daarom kan ons hierdie belofte van God glo:  “I have it all planned out – plans to take care of you, not abandon you, plans to give you the future you hope for.  When you come looking for me, you’ll find me.  Yes, when you get serious about finding me and want it more than anything else, I’ll make sure you won’t be disappointed” Jeremiah 29:11 – 14, The Message – Remix.

Daarom dan:

Ek wil hoop met afwagting.

Ek hoop met afwagting …

Liesl Cronje – 17 Julie 2013