Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 16/06/2019

Scroll to top

Top

Hoe om jou Huwelik te verander

Hoe om jou Huwelik te verander

deur Dewaldt de Kock, geskryf is samewerking met Kobus van der Merwe

Hoeveel keer wil jy graag hê jou maat jou punt insien? Wens jy partykeer dat julle net minder kan baklei? Wonder jy oor hoe julle konflik vinninger kan oplos? Wil jy graag hê jou verhouding moet verander?  Of dalk raak jy verveeld met paralelle lewe wat julle lei en wil graag weer emosionele en seksuele passie in julle verhouding herstel. Of dalk wil jy ‘n huwelik hê waar jy saam met iemand leef wat verbind is tot die huwelik en nie hulle aandag wegvat na ander mense of sake buite die huwelik nie.

 

Untitled-1

In kort, iets moet verander. En jy is waarskynlik reg, jou huwelik moet verander. ‘ń Huwelik verander slegs as gedrag verander. Jy kan nie ‘n boek lees of ‘n werkswinkel bywoon en dink nou gaan alles verander nie. Jy moet iets doen.

Untitled-2

 

Wat moet jy doen? Moet jy ouliker word, moet jy ingee, moet jy vergewe, moet jy harder probeer? Dalk het jy al dit alles probeer, maar dit het nie gewerk nie.

As jy ‘n daadwerklike verandering in jou verhouding wil hê, is daar twee aksies:

1. Doen dit wat vir jou moeilik is om te doen.

Bv. Jy is ‘n stil mens, maar nou moet jy praat oor hoe jou dag, of jy is iemand wat graag wil antwoorde en oplossings gee, maar nou moet jy stil word en net sit en luister.

2. Jou maat het dít nodig wat jy moet doen.

Let wel, nie wat jy dink wat hulle nodig het nie, maar dit wat hulle sê wat hulle nodig het.

Aksies wat werklik verandering bring is dus om vir jou maat te gee wat hulle nodig het, selfs, en veral, as dit moeilik is om te doen.

In die huwelik is groei van die een persoon gekoppel aan die genesing van die ander persoon.

As jy wil groei, doen wat jou maat genees.

As hierdie alles soos grieks klink en jy weet nie eers waar om te begin nie, kontak my gerus! Ons sal graag ’n dialoog tussen jou en jou maat fasiliteer. Om mekaar weer te ondek en mekaar dalk vir die eerste keer in jare (of ooit) te hoor, sal jou huwelik verander en dalk die genesing bring wat jy nodig het.

Stuur ’n e-pos direk aan my dewaldt@sg.org.za