Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 29/07/2016

Scroll to top

Top

Hoe jou huwelik jou kan ondersteun in 2016

Hoe jou huwelik jou kan ondersteun in 2016

Maak jou huwelik prioriteit nommer een n jou lewe. Dit is n radikale gedagte. Mense sal vra, wat van die kinders, wat van die werk, of my gesondheid, of enige ander noodsaaklikhede in ons wêreld wat ons dink ons dringende aandag nodig het.

Om jou huwelik juis nou prioriteit te maak, in ń jaar waar daar baie politieke en ekonomiese uitdagings in ons land en wêreld voorlē, is wys. Hoe meer omstandighede rondom mens onstabiel raak, hoe meer sal ons kreatief en gefokus kalm moet wees.

Hoe kan n gesonde huwelik jou hiermee help?

Navorsing het bewys dat gesonde, veilige intimiteit die deel van jou brein en senuweesisteem kalmeer wat jou angstig laat voel. Deur gereeld aan mekaar te raak, na mekaar te kyk, mekaar te hoor, bring groot kalmte. Ons is so geskape dat ons binnewereld nie deur oorlewing gereguleer word nie, maar deur in verhouding te wees. Dit beteken dat ons nie van bekommernis tot kalmte verander deur meer rigied te word of harder te probeer (oorlewing) nie, maar deur dialoog en konneksie. ń Gesonde, intieme huwelik waar spanning vinnig deur dialoog opgelos word, is een van die mees effektiefste plekke waar mens gegrond en kalm koers kan hou in onstuimige omstandighede. Mense bereik baie meer vanuit veiligheid as vanuit angs en bekommernis.

Bron: Kobus van der Merwe

Paartjies in ons SG Community is welkom om kontak te maak met Dewaldt de Kock indien julle wil belê in julle huwelik of vrae het oor die rol van Imago terapie in die huwelik.

 

JouHuwelik2016-2