– H E M E L V A A R T –
As ons dink aan die storielyn van Jesus se lewe kan ons almal die groot gebeurtenisse in sy lewe opnoem: sy geboorte, sy kruisiging, sy opstanding en ook Pinkster. Hemelvaart kry nie altyd dieselfde aandag nie.
Ons nooi jou om op hierdie, waarskynlik besige, Donderdag ’n oomblik stil te word en jouself oop te stel vir hierdie kinkel in Jesus se storielyn.