Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 05/03/2021

Scroll to top

Top

GROEPE | Covid Ondersteuning

GROEPE | Covid Ondersteuning
COVID-ONDERSTEUNINGSGROEP
Ons almal word geraak deur Covid 19. Sommige van ons het nader gekom aan die virus deurdat ons dit sélf opgedoen het, of moes aanskou hoe ’n geliefde worstel om daarvan te herstel. Baie van ons het geliefdes verloor.

Die doel van hierdie groep is om ’n ruimte te skep waar jy kan reflekteer op jou ervaring met Covid 19. Hierdie refleksie is ’n waardevolle en belangrike tree in die proses om die stres en trauma daarvan (wat dikwels onder die oppervlak van ons ervaring lê) te verwerk. ’n Groep soos hierdie hou ook die potensiaal in dat hierdie uitdaging ’n transformerende ervaring kan word; iets wat ons geloofstradisie al vir eeue glo moontlik is.

Ons gaan in groepe van 6-8 virtueel of fisies saamkom. Die aard van samekoms, asook die tyd en frekwensie daarvan, sal met elke groep onderhandel word. André / Pieter gaan die groepe fasiliteer (hulle het beide Covid gehad).

Om in te skakel by ’n groep, kliek op die skakel hieronder. Kontak gerus vir André indien jy meer inligting soek.