Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

GRENDEL-STORIES

GRENDEL-STORIES
…& ANDER GEWAARWORDINGE

 

Ons wonder oor…’n samestelling van Grendel-gedagtes, visueel of geskrewe in ‘n digitale bundel soortgelyk aan die SG Stories (kliek hier as jy dit nog nie gelees het nie! )

Stuur jou storie, gedig, tekening of skildery na Marissa –  info@sg.org.za


Grendel-gedagtes: Om beter te kan sien
deur Marissa Truter

Ek betrap myself vanoggend toe ek dwarsdeur nóg ‘n mens kyk.

Die Boord se robot bly vir my ‘n moeilike plek om ‘n rooi lig te kry. Deesdae ry ek uit die Spar se parkering reguit oor in Rokewoodstraat en draai dan op in Van Reede tot by die ‘skole-verkeerslig’ om in die R44 in te draai.

En vandag staan daar toe ook ‘n man met sy skeefgeskryfde bordjie (maskerloos) en ek kyk eenvoudig deur hom, spyt dat ek my masker afgehaal het die oomblik toe ek in die kar klim, soos wat ek maar maak. Ek gaan dit nie meer doen nie, die masker gaan moet opbly tot ek by die huis kom.

Ek het begin om deur mense te kyk, want die kyk raak nou te moeilik. Dit wat ek raaksien het ek eenvoudig nie alles antwoorde op nie, kan ek nie regmaak nie.

En ek wonder of ander ook so voel.

Veertien weke, duisende kospakkies en derduisende kos-items later voel raaksien net te veel.

“Hoe hanteer jy hierdie elke dag, elke week,” vra ek vir iemand wie se beroep mense se armoede en nood is. “My kop en my hart het mekaar ingehaal na drie maande se grendel-armoede. Dit voel of ek nie meer kan kyk nie.”

“Ek probeer maar net na een mens op ‘n slag kyk,” se hy. “En ek troos myself dat Jesus waarskynlik ook so gevoel het.”

Veertien weke, duisende kospakkies en derduisende skenkings later bly ek verwonderd hoe mense aanhou gee. Tyd. Geld. Klere. Naartjies. Suiwel. Vervoer. Lugtyd. Doeke. Nog tyd. Nog klere. Nog nog nog…

Veertien weke, duisende kospakkies en derduisende vrywilliger-ure later was daar nog nie ‘n dag wat ons gewonder het hoe die pakkies gepak of versprei gaan word nie. Mense wat opdaag en tyd gee. Mense wat hulself blootstel en baie eentonig kilometers in ‘n saal op en af loop om pakkies te pak en met moeë lywe saans huis toe gaan.

En ek wonder oor die moeg word van kyk.

Miskien raak ons ‘kyk’ soms moeg, maar ons bly sien en soos ‘n moeë lyf het jy net ‘n bietjie rus nodig sodat jy môre weer helder kan sien.
.
.
Stellenbosch Unite ondersteun mense in die Stellenbosch Munisipale area wat spesifiek hulle werk verloor het agv COVID-19 en geen ander bron van inkomste het nie. Jou finansiële ondersteuning kan steeds ‘n verskil hier maak www.stellenboschunite.org
.
Straatbewoners het ‘n veilige plek om te bly by Van der Stel sportgronde. Hier word hulle van ‘n bed, beddegoed, maaltye en klere voorsien. Hulle verkies ongelukkig soms eerder hulle ‘vryheid’ bo hierdie geriewe wat spesifiek gemik is om hulle veilig te hou tydens die grendelmaande. 
.
Navrae: marissa@sg.org.za