Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 26/03/2023

Scroll to top

Top

GRAAD 11 & 12 REIS VAN GELOOFSVORMING

GRAAD 11 & 12 REIS VAN GELOOFSVORMING

 

 saam met André & Pieter 

Daar is verskeie oorgangsfases in ons lewens, waarvan elkeen uitdagend en uniek is. Elkeen van hulle hou egter die potensiaal in van groei en positiewe verandering.

Een só ’n fase is die oorgang van tiener-wees na volwassenheid. Dis al ’n geloofstradisie om tieners in hierdie fase te begelei om te reflekteer op hul geloofsreis tot hier, met die hoop dat dit helderheid bring oor hul eie geloofsoortuigings. Ons gaan probeer om sáám ons raamwerk van spiritualiteit te vereenvoudig en te versterk, sodat ons die wese van geloof in Jesus op ’n nuwe manier kan ontdek en verwoord. Ons sluit die reis af met ’n ritueel van celebration, waarby ons die ouers ook sinvol wil betrek.

Hierdie gaan ’n verkorte reis wees as die tipiese reis van kategese. Ons gaan 5 Sondae per kwartaal bymekaar kom (fisies of virtueel), vir die eerste drie kwartale van die jaar. Ons hoop om teen die einde van Februarie af te skop. André, Pieter en Deon gaan hierdie reis fasiliteer.

Indien jy weet van iemand in graad 11 of 12 (selfs al is hulle nie deel van SG nie), gaan gerus met hulle in gesprek en nooi hulle om met ons kontak te maak. Ons sal dan meer detail aan hulle kommunikeer.