Golden Oldies by Babylonstoren

Elke kwartaal word daar ‘n kuier/uitstappie gereël vir die SG seniors en Saterdag 12 Oktober het ‘n klompie van ons die reënbuie trotseer en gaan kuier by Babelonstoren. Hierdie was nie sommer ‘n gewone kuier, ons is aan huis van die inwonende plaasbestuurder Hannes en sy vrou Coretha Aucamp onthaal. Hul gasvryheid en vriendelikheid was die mooiste geskenk wat ons dié dag kon kry.
Nadat daar tee, skons en kaaskoek geniet is, is ons deur die wonderlike tuine geneem. Die meer as 7000 blommende Clivias was ‘n fees vir die oog. Rondte 2 van koek en tee was die perfekte afsluiting op ‘n pragtige dag.
Indien jy graag wil deel wees van hierdie uitstappies en val in die ouderdomsgroep van gevorderde senior jeug (65+), kontak asseblief die kerkkantoor by 021 883 3886 dat ons jou na die volgende geselligheid kan uitnooi.
Nuutste Stories
-
Boekvoorstel deur Jurgens Hendriks
Jurgens stel hierdie week twee boeke voor. In Leadership or Servanthood? Walking in the steps of Jesus, skryf Yung Hwa ..
-
SG Storie | Jurgens Hendriks
Oor Wysheid
Hoe ouer ek word hoe minder verstaan ek. Wat is ware dienskneg leierskap byvoorbeeld? Jurgens Hendriks verduidelik dit ..
-
SG stories | Oor Meer en minder
Oor meer en minder
Verlede week kuier ons in die kerkkantoor sitkamer saam met Francois en Alta Rauch. Hulle vertel ..
-
Gemeentestories | Oor Mama Louise
deur Liesl Cronje
Mama Louise sê altyd dat jy nie jou gesig êrens kan wys as jy nie bereid is ..
-
Gemeentestories | Oor Basaar
deur Liesl Cronje
My sussie se seuntjie sê nou die dag: “Eendag, dit was eergister …”, en ons almal lag ..