Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 29/06/2016

Scroll to top

Top

God sien! – Stephan Joubert

God sien! – Stephan Joubert

’n Paar jaar gelede het ek na ’n videoclip van Nicole Johnson gekyk wat my nogal diep geraak het. Sy vertel hierin van haar eie “onsigbaarheid.” Algaande het sy agtergekom haar kinders en haar man kyk soms dwarsdeur haar. Toe haar een kind se juffrou eendag vir een van haar kindertjies gevra het wie die tannie is wat saam met hom stap, antwoord dié so ewe: “Nobody!” Toe skenk een van haar vriendinne eendag aan haar ’n boek oor al die groot katedrale van Europa. Daarin leer sy toe die les van haar lewe, en dit is dat baie van die katedrale uit die vorige eeue meer as een generasie geneem het om te voltooi en dat die meeste bouers en vakmanne wat hieraan gewerk het onbekend is. “Builder unknown,” is die nota by omtrent elke bouwerk. Toe iemand juis eendag vir een van die vakmanne gevra het hoekom hy soveel tyd spandeer aan een of ander stukkie bouwerk by ’n katedraal wat versteek sou wees onder pilare, het hy geantwoord: “God sees!” Wyse woorde!

Al sien niemand anders wat ons doen nie; God sien! Al weet niemand wat ons vir ander doen nie, God weet! Al hoor niemand ons gebede nie, God hoor! Al voel niemand ons pyn nie, God voel! Uiteindelik is dit al wat saakmaak. Soos wat ek aldag sê: “Ons speel vir ’n Gehoor van EEN.” Net sy goedkeuring maak op die ou end saak. Net Syne!

Gaan kyk gerus hoe Nicole Johnson hierdie aangrypende verhaal self vertel:

The Invisible Woman

Bron: http://blog.ekerk.org/god-weet/