Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 22/09/2019

Scroll to top

Top

Gemeentestemme | SG & Musiek

Gemeentestemme | SG & Musiek

SG en musiek

Hier is ’n uittreksel uit die gemeentestemme oor musiek in SG (ek haal dit telkens woordeliks aan):

  • Love dat die praise & worship so lekker lank aan die begin is.
  • Daai 15-20 minute staan en sing voor die tyd is irriterend (laat die mense sit asb).
  • Kan ons asb meer Afrikaans sing by die aanddiens.
  • Meer engelse verwysings vir mense wat engelse vriende saambring kerk toe. Engelse liedjies is wonderlik!
  • Soms word mense ingeperk tydens praise & worship. Nooi die gemeente – provoke hulle – om opgewonde te raak om God se Naam groot te maak.
  • The worship experience is very energising.
  • Musiek kan meer lewe (woema) kry.
  • Die worship is amazing verby. Ek wil net heeltyd worshi
  • Ek sal graag wil hê die band se lyftaal moet meer passievol voorkom.
  • Hou baie van die praise & worship band.
  • Ek mis regtig die liedjies wat ons die kerk gesing het toe ons grootgeword het. Sal dit graag weer wil sing – mooi Gesange en Hallelujas.
  • Ek vind vrede hier. Ek hoor God in die sang.
  • Dalk kan ons die liedjies net meer afwissel en nie elke Sondag dieselfde liedjies herhaal nie. Dalk elke 3de week of so.
  • Dankie vir musiek wat ons lei in aanbidding.

Ek wil julle verseker dat ons as leiers baie fyn luister na die terugvoer oor musiek en aanbidding in SG. Maar vanuit bogenoemde terugvoer kan julle hopelik waardeer hoe divers die ervaringe en behoeftes daarrondom is in SG. Daar ís natuurlik dinge wat ons kan doen om deelname aan aanbidding deur sang te bevorder – ons sal dit probeer aanvoel. Maar ek wonder of ons binne die konteks van kerk nie dalk vrede moet maak daarmee dat ons nooit ’n gemene deler gaan vind in die vorm van musiek nie. Ons voorkeur vir vorm is ’n refleksie van ons elkeen se voorkeur van taal en kultuur, ons persoonlikheid, spiritualiteit, agtergrond, ens. en daarom is dit geweldig divers. Ons gaan die gemene deler waarskynlik êrens anders moet soek.

Eugenia Gamble skryf: “For worship to be vital, people must claim it as their own work, not just the job of the paid professionals.”

Watter prentjie kom in jou gedagtes wanneer iemand die woord aanbidding noem? Ek het so vermoede dat die prentjie van Sondag-aanbidding in die meeste gelowiges se gedagtes opkom. Miskien moet ons prentjie uitgedaag word om ons eie work in te sluit: ons manier van wees tussen Sondae. Dis ’n manier van werk, rus, besig wees, stil wees, kuier, oefen, rus, konneksie binne verhouding met onsself, mekaar en God. Aanbidding behels dan veel meer as wat Sondag gebeur, en gevolglik verander ons verwagting van Sondag. Dalk dra Sondag-worship dan nie so swaar aan ons verwagting vir worship nie. Ons kom nie by ’n erediens aan met die behoefte om te te worship nie. Ons daag daar op, soos iemand skryf, having worshipped. Imagine dít word die gemene deler van Sondag-aanbidding! Imagine hoe die ervaring verskil, hoeveel vrymoedigheid daar is, hoeveel deelname dit losmaak, hoe real dit is!

Gamble skryf verder: “Worship as meeting place is where our holy longing meets the Holys longing for us. Sometimes that meeting is quiet, understated, filled with distractions, even disappointments and resentments. Sometimes the meeting is fresh with new insights about the Other and about ourselves. Sometimes it is a roaring passion that slips as a tiny tear flicked surreptitiously from the corner of the eye. Sometimes it is a joyful meeting; sometimes a halting one. Sometimes there is a cool distance, an empty, unexpectant dutybound waiting. Sometimes there is a closeness that rocks the soul.

Imagine dit alles…

 

Ons het so paar weke gelede tydens ’n diens ook geluister na die storie van SG toe Rufus Gouws verhale gedeel het oor die ontstaan- en grootwordjare van SG. Hierdie gesprek kon nie anders as om ons te laat nadink oor die kerk van vandag en die kerk van die toekoms nie. Ons wou ook graag luister na julle perspektiewe en het die diens afgesluit deur die volgende vraag te vra:

Indien die hele gemeente jou stem kan hoor, wat sou jy sê?

Elkeen wat daar was en ’n behoefte gehad het om iets te deel kon dit neerskryf en vir ons gee. Hoe meer ons na hierdie byna 350 ‘stemme’ begin luister het, hoe meer het ons die waarde daarvan begin besef. Dit is ’n geleentheid om die hart van SG te hoor. Dis ’n kans om te luister na die behoeftes, insig en wysheid van die community van SG en daaruit te onderskei waarmee God besig is in ons gemeente. Die leierskap en Raad van Ouderlinge (iemand skryf dat hulle nie van hierdie naam hou nie – ons sal daaroor gesels!) het onsself verbind tot ’n proses om die terugvoer deeglik te analiseer en dit deel te maak van ons reis van onderskeiding oor SG se toekoms, asook die beplanning vir volgende jaar. Hierdie is ook ’n uitnodiging aan enige iemand wat nie die geleentheid gehad het nie om die vraag te antwoord en aan ons te stuur per e-pos. 

Ons sal met tyd aan julle terugvoer gee oor hierdie proses, maar ons gaan ook weekliks in hierdie e-pos van die insette deel en van die vrae beantwoord.