Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Geestelike Postuur | Deel 3 – ‘n Postuur van weerloosheid

Geestelike Postuur | Deel 3 – ‘n Postuur van weerloosheid

’n Postuur van vulnerability: van gepantser na weerloos 

Vulnerability, kwesbaarheid/weerloosheid of blootgestel-wees, is die laaste paar jaar via Brené Brown se boeke en praatjies tot die status van heldin verhoog. Brené se eie definisie van vulnerability is juis gemik op egte konneksie en verhoudings, dat dit nie ’n swakheid is nie maar groot dapperheid vra om kwesbaar te wees: “Staying vulnerable is a risk we have to take if we want to experience connection…Vulnerability is at the core, the heart, the center, of meaningful human experiences.” 

Wanneer jy sou Google “posture of vulnerability”, kry jy snaaks genoeg — eie aan ons tyd — die teendeel: Die een artikel of advertensie na die ander oor “Security Posture”! By hierdie trefslae kry jy dan darem ’n “vulnerability assessment” wat breedvoerig uitpak hoe jy of jou maatskappy nodig het om jou sekuriteit (meestal kubersekuriteit) op te knap en op datum moet hou — want ons leef blootgestel, in kwesbare tye. 

Wanneer jy dieselfde “posture of vulnerability” soek onder Google Images kry jy allerande diagramme oor dieselfde tema “Security posture & Vulnerability Assessment”. Eers heelwat later as jy met die prentjies afblaai kry jy die postuur “Childs pose” (soos hierbo) en dit maak vir my sin dat die child’s pose en ’n postuur van weerloosheid pas. 

Die voordele van child’s pose is blykbaar: “Helps alleviate stress and anxiety. Flexes the body’s internal organs and keeps them supple. It lengthens and stretches the spine. Relieves neck and lower back pain when performed with the head and torso supported.”

Wat sou die voordele van ’n postuur van weerloosheid wees? Intimiteit, diep egte konneksie. Ware behoort. Wanneer die aap uit die mou is, kan jy jou aapstreke van perform, angs, voorgee…maar laat vaar en net wees. Verhouding kry ’n dieper egte konneksie. ’n Postuur van weerloosheid is soos ’n onbewaakte stad sonder hekwagte — dit nooi in en bevorder gedeelde eienaarskap.

Ons leef in ’n wêreld waar kuber-konneksie al vinniger en sterker en beter word. Ons leef in ’n wêreld waar ons mens-konneksie dikwels maar sukkel op opvangs te kry. As jy soos ek verlang na egte konneksie oor soveel grense en bastions heen gaan ons security-posture ons nie ver bring nie. Waagmoed om weerloos te wees is dalk juis die welkom-matjie van “my jinne mense kom maar binne.” wat ons nou nodig het. 

Daar is ’n gepantserde teologie, geloof en politiek wat oral hoogty vier en dit verkoop soos soetkoek. Nerens in die Bybelse narratief van die geloofshelde vind ek regtig spore hiervan nie. Inteendeel by elkeen is daar seisoene van twyfel, dwaal, worstel, soek, vrae… Dit is meestal die selfversekerdes – konings, skrifgeleerdes, Fariseërs, volke – wat vernietigend is. Ek vind dieselfde weerloosheid in Jesus se huil oor Jerusalem, in Sy laaste ete saam met die disspels en veral daar in die tuin van Getsemane. Sy kruiswoorde drup van weerloosheid! Hy moedig dit selfs aan met Sy uitnodiging tot die postuur van kind teenoor die postuur van fariseër. Wanneer Hy ons uitnooi om die kruis op te neem en Hom te volg is dit ’n uitnodiging tot weerloosheid. Wanneer Hy die 72 uitstuur sê Hy hulle moet nie ’n beursie, of ’n reissak of skoene saam neem nie — hulle moet gaan met ’n postuur van weerloosheid. Paulus sê die  eienaardige woorde dat hy eerder in sy swakhede sal roem want as hy swak is is hy sterk.

Ons gepolariseerde wêreld wat in ’n wedvaart ontaard het het sterker konneksies nodig —baasspelende helde gaan ons nie help nie. Ons herstelpad vra ’n stadige kwesbare kaalvoet loop waar ons al meer tuis raak met mekaar en in die proses ook self tuiskom in ’n plek waar ons dikwels vervreemding ervaar.

Groete,

Pieter