Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 19/07/2018

Scroll to top

Top

Gebedsopsies | Gebed vir reën

Gebedsopsies | Gebed vir reën

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” – Filippense 4

Daar is min uitnodigings so onvoorwaardelik soos hierdie een. En daar is sekerlik nie een van ons wat nie begeer dat die droogte gebreek word nie.

Word deel van ’n interkerlike gebedsinisiatief vir reën op Woensdag 14 Februarie (die begin van lydenstyd wêreldwyd). Die Presbiteriaanse Kerk, die Anglikaanse Kerk, die NG Kerk, die VGK, die Lutheraanse Kerk en die Congregational Kerk ondersteun hierdie dag.

Kom wees deel van ’n gebedsbyeenkoms by ons kerkkantoor om 09:00 die oggend, maak op jou eie tyd om te bid êrens deur die dag, of nooi iemand om saam met jou te bid. Gaan na ons webtuiste vir ’n paar voorstelle van gebede wat gebid kan word.

Volg die skakel!  Gebed vir reën