Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 27/09/2016

Scroll to top

Top

Ek brand uit

Ek brand uit

Ek het nog altyd die behoefte gehad om te skryf. Maar omdat ek nog nooit ‘n liedjieskrywer of digter was nie, doen ek dit hier. Die trigger was toe ek vandag hoor dat al hoe meer mense ‘uitbrand’. Die afgelope tyd word daar baie oor hierdie onderwerp gepraat. In byvoorbeed dokumentêre, tydskrifte en goed nagevorsde boeke. Heeltyd word daar gepraat van die verwagtinge en druk wat by ‘ons’ generasie hoort. En vandag durf ek te sê dat ek ‘n voorbeeld hiervan is.

Nie te lank terug nie, is ek oorval deur ‘n ‘burn-out’. Intussen gaan dit stukke beter met my en kan ek maklik daaroor praat, maar al die boodskappe van die afgelope tyd raak my wel. Dit voel eintlik soos my plig om daaroor te praat, want as hulle hieroor praat op die nuus is dit tog belangrik?

Vandag het ek ‘n reeks Tedx-praatjies bygewoon. Baie cool en inspirerend, maar terselfdertyd ontsettend moeilik. Oor ‘n hele paar stories was ek baie opgewonde, en sommige het my selfs laat dink: ek kan dit ook doen! Maar aan die ander kant kon ek die druk voel: wat hulle doen, móet ek ook kan doen. Die stories het ‘n drang opgewek om myself te bewys, en dit maak dat ek nie meer ‘n inspirerende verhaal kan geniet nie. Op die een of ander manier dink ek net in doelwitte, haalbare doelwitte in plaas van awesome planne. Met elke goeie idee spring daar ook ‘n ‘ja-maar’ op wat elke vorm van kreatiwiteit demp. Toe ek by die huis kom, kon ek nie sê hoe my dag was nie, waarskynlik om hierdie rede. As ek sien wat ander bereik, stres ek of word ek  emosioneel ontwrig. Ek vergelyk myself voortdurend met ander, en stel hemelhoë verwagtinge aan myself. Ek maak myself mal, ek weet dit, maar ek kan (nog) niks daaraan doen nie. Dit is wat ek deesdae opmerk.

Met die dokumentêre en boeke weet ek dat ek nie die enigste een is nie, maar ek merk dit ook om my op. Deesdae doen almal ‘n 1000 dinge op ‘n 1000 plekke omdat almal dit doen, en omdat dit blykbaar moet. Want as my vriendin sus-en-so doen, beteken dit dat sy ‘n beter kans staan om die werk te kry. So ja, dan moet ek ook seker myself onderskei van die massa.

Deesdae dink ek ‘n mens onderskei jouself juis wanneer jy vir jouself kies, in plaas vir wat jy dink goed is vir jou. Wanneer jy ‘n treetjie terug gee en steeds geniet geniet wat jy doen. Wanneer jy sonder skuldgevoelens ‘n boek kan lees op die bank, wanneer jy nie omgee as jy iets mis nie.

Ek glo dat verandering noodsaaklik is. In elk geval, dis belangrik vir my. Ek beplan my dae spesifiek minder vol (bloot omdat ek dit nie meer kan hanteer om altyd besig te wees nie), en nog steeds vlieg die weke verby. Ek probeer om alles meer bewus te doen, sodat ek meer daaruit kan haal. Maar ja, ‘n mens moet ook iets doen as alles deesdae 3x soveel energie kos as tevore.

Ek glo ook dat openheid oor hierdie onderwerp ontsettend belangrik is. Ek het al opgemerk hoe lekker dit is om erkenning te kry. Dat jy nie alleen is nie, dat jy nie jouself mal maak nie en dat dit regtig okay is om so voel. Dat jy nie voorgee as dinge te veel raak nie, en dat dit nie erg is om ‘n blaaskans te neem nie.

Lotte Hoving

lottehoving@gmail.com

http://lottehoving.wordpress.com/2013/04/08/vandaag/