Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 30/05/2016

Scroll to top

Top

Die kuns van ouerskap

Die kuns van ouerskap

Ouerskap sien vandag baie anders daarna uit as in die tyd toe ons self kinders was. Ek het vele ouers al hoor vertel dat hulle nie grootgemaak is volgens die style wat vandag beskikbaar is nie.

“Kinders moet gesien en nie gehoor word nie” is van die sê-goed wat ons al te goed ken. Vandag lyk die prentjie inderdaad baie anders. Een van die kwessies wat heel eerste na vore tree is die gesprek rondom dissipline. Ouers sit met hulle hande in die hare omdat “vandag se jeug dink hulle kan doen net wat hulle wil”.

Einde Junie woon ek ‘n praatjie in Kaapstad by waar die tendense rondom die uitdagings van jongmense bespreek word. Vir die deursnee van Suid-Afrika se jeug lyk dit na ‘n donker saak. Hoe bied ons hierdie uitdagings die hoof? Waar begin mens om ‘n verskil te maak? Ons praat gedurig van “voogde” wanneer ons na SG se Jeugplan verwys, wat beteken dit? Ek het op hierdie TED talk afgekom wat regtig die essensie hiervan saamvat. Kyk gerus hoe hierdie twee jong ouers besef het waar die verandering moet gebeur en kyk watter effek dit op hulle kind gehad het. Die probleem met vandag se jeug, saam met die oplossing lê dalk nader aan die lyf as wat ons dink.

– Deon Botha