Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 27/07/2016

Scroll to top

Top

Die Goeie Maaltyd

Die Goeie Maaltyd

deur Dewaldt de Kock

In die Mei uitgawe van die National Geographic is daar ’n kort onderhoud met José Andrés. José, ’n gebore Spanjaard, is bekend daarvoor dat hy Tappa’s aan die Amerikaners voorgestel het. Dit het hom baie suksesvol gemaak. Op die ouderdom van 45 besit hy reeds 20 restaurante en was al ’n dosent by Harvard Universiteit. José Andrés se passie vir kos is baie meer as net om sy restaurante vol te kry. In die National Geographic onderhoud vra hulle hom die volgende vraag:

You founded a humanitarian organization, World Central Kitchen. What drives your commitment to feed the hungry?

José antwoord “My inspiration comes from the unknown names, the people who help, day in and day out, and don’t expect anything in return. One thing I did was go to Haiti after the earthquake to cook for people. I think we all should be committing a part of our time for the betterment of the lives of others. This should be a mission statement of humanity, because we can all probably do the same with a little bit less, and that little bit less can be huge for somebody else. My wife and I used our own money to create World Central Kitchen.”

Toe ek die artikel lees het dit my laat dink aan Jesus se woorde: “Ek was honger, en julle het my iets gegee om te eet”.  Meeste van ons word honger, en as jy ’n tiener is of een in die huis het sal jy weet wat dit beteken as iemand die heeltyd honger is. Honger is dalk iets wat vir party mense die verskil tussen lewe en dood beteken en ander, beslis vir my, iets is waar ek meeste van die tyd kan eet as ek lus is vir iets om te eet. Dit maak dat ek baie keer net na die yskas of vrugtebak kan loop en iets kan kry om te eet.

Ons hou baie van eet. Ons sal vir almal vertel as ons ’n fantasiese maaltyd gehad het by ’n nuwe plek. Ons het ons ou gunsteling restaurant of eethuis. as daar lekker kos by die troue bedien is, dan is die troue ook sommer great!

Ek en Suzelle het besluit om elke jaar 3 paartjies te nooi om die jaar saam met ons ’n pad te stap. Die 3 paartjies kom elke 2de Dinsdag by ons huis bymekaar, waar ons vir hulle ’n heerlike maaltyd voorsit. Die resep is eenvouding. Ek maak die kos, Suzelle dek die tafel, sy doen dit elke keer met oorgawe en die paartjies bring die wyn en die sjokolade! Na ’n heerlike en eenvoudige maaltyd, gesels ons oor die huwelik en dan stuur ons die paartjies rond in die huis met die een opdrag; Sê vir jou maat wat jy van hom/haar waardeer. Ons maak gebruik van die Imago dialoog om die kommunikasie duidelik en veilig te hou.

Baie van Jesus se groot momente was rondom ’n maaltyd. Daar gebeur iets as jy saam eet. Die paartjies se waardering vir mekaar word groter want nou is daar ten minste een keer elke 2de week wat jy by jou maat hoor wat sy/hy van jou waardeer. Ons het nodig om dit te hoor. Dis so maklik dat jou verhouding net verval in ’n; “Wanneer gaan jy die honde voer…” , “Onthou om die asblik buite te sit…” Ons wil graag die gewoonte daar stel dat paartjies leer om mekaar daagliks te waardeer. Na ’n jaar kies ons die volgende 3 paartjies. Ons hoop om teen die jaar 2181 die hele gemeente deur die proses te kan neem…Oops, dis nie moontlik nie!

Dalk kan jy iets doen met die eenvoudige maaltyd. Nooi vriende om een keer elke 2de week te kom eet by jou. Kyk wat gebeur as julle net bietjie tyd maak vir ’n heerlike bord kos en ’n waardering.

José voer 1000de, ons voer 6, en ons maak so ’n reuse verskil.

Vertel asb vir my jou stories van maaltye met betekenis.