Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 09/07/2020

Scroll to top

Top

Die “appointment” in “disappointment”

Die “appointment” in “disappointment”

deur Johan Smith

Die lewe is vol teleurstellings — gereeld en soms voel dit selfs aanmekaar. Mense stel jou teleur, jou man stel jou teleur, jou kinders stel jou teleur, jou omstandighede stel jou teleur, jou vriendinne stel jou teleur… Christine Caine, die bekende spreker en geestelike werker wat veg teen vroue-slawehandel is self al deur baie teleurstellings in haar lewe — baie daarvan, soos ’n miskraam en molestering, was intense pynlike ervarings. Sy sê:

“We will never understand this side of heaven, why bad things happen to us and those we love. Nor will we understand so many unexplainable tragedies in this world, from war, to famine, to earthquake.”

As tragedie tref, sê sy is dit baie belangrik om na aan jou geestelike familie te beweeg en te leef. Dis juis in tye van tragedie en teleurstellings wat jy wil onttrek wat God vir jou ’n geestelike familie gee wat hulle arms om jou wil slaan. Moet dit nie vermy nie. Terselfdertyd is jou eie familie daar om jou vas te hou, te troos en saam te ly.

Die bekende Larry Crabb leer ons weer dat ons enigste werklike “joy” daarin lê as ons met God tevrede is en by God alleen tevrede is. Daarom gaan ons soms deur teleurstellings en pyn om werklik tevredenheid slegs by God te vind. Dis presies wat Dawid ontdek het in die “dal van doodskaduwee”: God is met hom en by hom en dra hom in die swaar tye.

Spandeer tyd met God en besef dat Hy jou skuilplek is — veral in moeilike tye, veral in tye wat die wêreld wreed en ontoeganklik voel. Skuil by Hom en in sy Woord. Ek sluit af met die treffende woorde van Christine Caine:

“Disappointments leave something too: a gift, an opportunity, a possibility to create change, to move from the valley of the shadow of death to new horizons, and to bring others with us on that road.”

Johan Smith | http://blog.ekerk.org/ | Vrouenuusbrief