Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 11/12/2016

Scroll to top

Top

Dewaldt, Suzelle en Die Camino!

Dewaldt, Suzelle en Die Camino!

deur Dewaldt de Kock

Camino Deel 1

Ek het gedink, wat is 20 plus kilometer ‘n dag? Maar aan die einde van dag twee voel dit soos my laaste Two Oceans Halfmaraton, waarvoor ek nie geoefen het nie.

Ons het gister begin vanaf Sarria, saam met ons twee Britse vriende wat ons Desember in Stellenbosch ontmoet het. Kevin en Debs het 29 Desember saam met ons by een van Stellenbosch se gewilde restaurante opgedaag, sonder bespreking natuurlik. Nadat ons bietjie in die ry gestaan het om ons tafels te kry het ons uitgevind dat hulle tans in Spanje woon. Aan die einde van die aand kuier Suzelle en Debs bietjie op die stoep en dis waar Suzelle vir Debs van die Camino vertel en dat ons beplan om in Julie die Camino te gaan loop. Nadat Debs bietjie uitgevra het kom dit uit dat ek ‘n predikant is en dat ons ‘n groep van die kerk gaan lei op die Camino. Ons kon duidelik sien dat Debs een of ander epifanie gehad het toe Suzelle dit aan haar vertel, want net daar en dan besluit hulle om saam te gaan. Kevin en Debs het die oggend die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n kerkdiens bygewoon en dis waar Debs ervaar het dat sy regtig iets van die Here wil ontvang en waar sy Hom gevra het vir ‘n teken, en die ontmoeting met Suzelle was dit. Dis van toe af wat ons geweet het dat hierdie gaan ‘n baie spesiale journey wees.

Meer as 6 maande later suffer ek na 46km, dis moeilik! Die Here praat met my oor eerste liefde en om weer terug te keer na die plek waar hy alles is, ek word orals herinner aan my dae as ‘n jong Christen en die passie waarmee ek die Here gedien het, dit was goeie dae, dis nie so lank terug nie. Dit maak my opgewonde om saam met baie tieners die Camino te loop, almal loop verby en sê “buon Camino” en jy kan duidelik in die verskillende aksente hoor dat dit mense van elke land in die wêreld is wat die reis aanpak. Daar is orals ‘pitstops’ lanks die pad. Party is net coffee shops maar dan is daar die wat uitstaan, mense wat met stalletjies lanks die pad staan en gratis koffie en tee en koekies en vrugte uitdeel. Hulle oë blink en die een girl sê: “I love pilgrims”.

Vandag was daar ‘n coffee shop met ‘n klomp jong mense, 7km voor die einde in Palas de Rei. Hulle oë het eksra geblink, kom haal ons op die pad en nooi ons in vir gratis koffie en ‘n vars water fontein. Daar was iets spesiaal aan hierdie mense, jy kan dit voel. Hulle gasvryheid was iets wat jy net by die Here kan leer. Dit was liefde. Dit was ‘n ou kliphuis met ‘n dakke so laag dat ek my kop 70 keer in die nag daar sou stamp, seker maklik 400 jaar oud. In die klippe uitgekap in Spaans, “Jesus is die weg die waarheid en die lewe” Die een meisie sê dat hulle so 500 pelgrims per dag daar ontvang.

Wat nog vir my uitstaan is die groot hoeveelheid pa’s wat saam met hulle seuns loop. Dis mooi om te sien dat hulle iets vir hulle wil leer wat jy nie op enige ander staptog kan leer nie, dis ‘n afhanklikheid van mekaar en die mense op jou roete. Dis hoekom jy nie in die Cederberge kan gaan loop nie, daar is niemand wat jou orals ontvang en sê ‘Buon Camino’ nie.

Ons weet min van pelgrims wees, maar ek is vinnig besig om te leer. Daar is ‘n vreemde opgewondenheid en ‘n verwagtig dat die Here iets gaan doen. Suzelle het gisteroggend hierdie teksgedeelte ontvang; PS 121 in the Message

A PILGRIMS SONG

I look up to the mountains; does my strength come from mountains? No, my strength comes from GOD, who made heaven, and earth, and mountains.

He won’t let you stumble, your Guardian God won’t fall asleep. Not on your life! Israel’s Guardian will never doze or sleep.

GOD ’s your Guardian, right at your side to protect you— Shielding you from sunstroke, sheltering you from moonstroke.

GOD guards you from every evil, he guards your very life. He guards you when you leave and when you return, he guards you now, he guards you always.

Dis nog lank nie verby nie en more is darem net 14km. Teen 15 min per kilometer is daar baie gesprekke en baie pitstops en baie amazing mense en baie stiltes om nog raak te loop.

image2 image3image

Camino Deel Twee

Camino voltooi, of is dit net nog ‘n tree?

Dis meer emosioneel as wat ek gedink het. Sewe en dertig kilometer voor die einde, met twee dae se loop wat voorlê, stap ons verby haar. Sy was vir meer as 45 dae op die pad, die hele Camino, dis meer as 800km, in ‘n rolstoel. Dit word erger, sy is op ‘n asemhalingsmasjien, sy kan nie die trappe klim nie, en haar man, wat skyn soos ‘n engel, elke rol van die wiel saam met haar.

Ewe skielik…
maak die kos wat nie so lekker is nie meer saak nie. Ons verblyf wat hier en daar klagtes veroorsaak is heel goed genoeg, want sy moet slaap in haar rolstoel wat elke 18km of so herlaai moet word by ‘n muurprop, meeste van die tyd in ‘n kroeg.

Dis so maklik om afhanklik te word van ons besittings, is dit nie? Dit wat ons dink aan ons behoort, en dis presies waarmee ons gekonfronteer was op hierdie Camino. Hoeveel van my identiteit koppel ek aan my goed?

Here, ons gee alles terug aan jou…

Dawid skryf in die Psalm, “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here”

…maar glo ek dit regtig? Glo jy dit regtig?

Selfs die asem wat ek met my eie longe kan in asem…

Haal net weer so ‘n paar keer diep asem.

Johannes 14:6 in die Spaanse Bybel sê: “Jesús le contestó: —Yo soy el camino, la verdad y la vida. Nadie puede llegar al Padre si no es por mí.” Ons meer bekende Afrikaanse vertaling klink so:”Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Jesus is die Camino, die weg…Die Camino was vir my fisies moeilik. Baie pyn in my bene en seer voete, elke dag. Om op te staan en nog ‘n dag te loop was vir my ‘n groot uitdaging, tog was dit fantasties. Dit was so goed vir my. Ek wil elke dag opstaan en Sy Weg loop. Dit is ‘n besluit wat ek daagliks wil neem. Dit is ongelooflik vervullend.

Sal jy dit saam met ons loop?

Vanmiddag in die afsluiting van ons Camino in die ou katetraal, tydens die kerkdiens wat so vol is dat ons die hele diens moes staan, het hierdie ou bekende skrif by my opgekom…ek deel dit graag met jou…

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. (FILIPPENSE 1:6 AFR83)

Mag die Here jou weg seën.