Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 01/06/2020

Scroll to top

Top

Grendelgroepe | Boekklub

Grendelgroepe | Boekklub

Waarom ’n fokus op lees?

Menige invloedryke denker, skrywer, sakemens, sosiale entrepeneur oor wie ek lees gee êrens krediet aan die boeke in hul lewens vir die vorming van hul wêreldbeskouing. Boeke is bronne van insig, wysheid & perspektief. Skrywers is gespreksgenote, sielsgenote, alternatiewe en soms ontwrigtende stemme in ons dialoog met die lewe. Die boeke wat ons lees vorm ons op ’n wesenlike wyse.  

Waaroor gaan die Boekklub?

Die uitnodiging is om een van die boeke hieronder te kies en dit af te laai op ’n digitale platvorm (hulle is almal op Amazon beskikbaar). Jy lees dit dan op jou eie tyd en deel jou insigte en vrae te deel met ander wat ook daardie boek lees, en kry op jou beurt ook ander se perspektief, asook dié van een van die bedieningsleiers. Die boeke verteenwoordig uiteenlopende tema’s – sien die kort beskrywing van elke boek. 

BOEKE:

The Jesus Way – Eugene Peterson (André lees saam)

HIerdie boek verhelder op ’n verrassende wyse die uitnodiging om ons lewensuitkyk te belyn met dié van Jesus deur te delf in die stories van karakters uit die Ou Testament. Die stories van o.a Abraham, Moses, Dawid, Elia en Jesaja onthul verbasend baie oor wat dit beteken om Jesus te volg. 

Finding meaning in the second half of life – James Hollis (André lees saam)

HIerdie is nie ’n maklike boek nie. Wees gereed om op ’n konstruktiewe wyse ontwrig te word in jou verstaan van tema’s soos self, verhoudings, familie, werk en spiritualiteit. Hollis verweef ’n gesonde dosis Jungiaanse sielkunde met ’n grondige perspektief op spiritualiteit, in ’n poging om jou te bemagtig om ’n brug te bou na ’n wesenlike fase van volwasse ontwikkeling – die tweede helfte van jou lewe. ’n Basiese begrip van sielkunde sal jou help met hierdie transformerende boek. 

Christ plays in 10 000 Places – Eugene Peterson (André lees saam)

As grendeltyd vir ewig aanhou en ek word toegelaat om net een boek besit, sal dit dié een wees. Hierdie is ’n besondere teologiese werk wat Christen spiritualiteit anker, verhelder en verdiep binne ’n verstaan van die drie-Eenheid. Dis ’n boek wat jou dualistiese beskouing van geloof gaan uitdaag, en jou gaan nooi tot ’n meer geïntegreerde perspektief op die lewe en op God. Dis nie ligte teologie nie, so moet dit nie lees indien teologiese konsepte jou nie interresseer nie. 

Like dew, your youth: Growing up with your teenager – Eugene Peterson (Deon lees saam)

Baie ouers beleef die tienerfase van hul kinders as ’n ontwrigting tot hul lewens. Peterson glo egter dat hierdie fase ’n geskenk is aan ouers, en dat die uitdagings wat daarmee gepaard gaan ’n geleentheid bied aan ouers en tieners om nader te groei aan mekaar en God, kommunikasie te verbeter en mekaar in liefde te leer waardeer. Hierdie is ’n praktiese, opbouende boek. 

You are what you love – James K A Smith (Pieter lees saam)

Smith help jou ontdek hoe jou liefde(s) jou vorm, asook hoe dit deur die leefstyl en kultuur wat jou omring gevorm word. Vanuit hierdie nuwe bewussyn begelei hy jou dan – op ’n praktiese dissipelskap reis – ’to train your love(s)’. As jy wil reageer op Jesus se uitnodigingVolg my!”, dan word hierdie boek ’n gids wat jou op ’n reis van persoonlike transformasie neem en jou help ontdek hoe om Jesus in 2020 te volg. 

Hoe word dit gestruktureer?

Ons gaan ’n Whatsapp-groep skep met almal wat dieselfde boek lees. Jy lees dan op jou eie tyd, en sal op sekere bakens in die boek genooi word om jou gewaarwordinge en vrae met die groep te deel (met ’n voicenote). Die bedieningsleier sal daarop reageer. Jy  kan dus op jou eie tyd deur die boek werk, en telkens jou insigte deel en na ander se insigte luister. 

Die volgende tree?

Kliek op die skakel (telkens dié persoon wat saam gaan lees, Andre, Pieter, Deon) langs die boek van jou keuse om deel te word van die reis.