Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 30/06/2016

Scroll to top

Top

Alles van die beeste en stuur groente – Pierre du Plessis

Alles van die beeste en stuur groente – Pierre du Plessis

Baie van ons het ’n outomaties epos ‘handtekening’, ’n klein groete boodskap aan die einde. Meeste is doodgewoon, ’n

Groete
Pieter

Of dalk ’n meer formele

Die uwe
Prof Dr Jan du Plooy

of ’n lekker generiese,

Kind Regards
Susan van Rensburg

Wanneer Paulus sy briewe skryf, begin hy met die groete soos die gebruik was in die antieke tyd. Paulus skryf, in amper elke brief, ‘genade en vrede vir julle’ of iets soos dit. Hy speel so bietjie met woorde, die tradisionele manier was Charen, wat beteken groete. Paulus gaan en skryf Charis, wat beteken Genade. Hy voeg dan die tradisionele Joodse wyse van groet ook aan, Shalom, wat natuurlik beteken Vrede.

Dit is in hierdie twee woorde dat die hele evangelie vasgevang is. Genade is die absolute vrye uitdrukking van die liefde van God, soos een skrywer dit definieer. Vrede beteken meer as net die afwesigheid van konflik, dit beteken harmonie, alles op sy regte plek en elke ding wat goed is.

Dus groet Paulus die heiliges met, die absolute vrye uitdrukking van die liefde van God en harmonie, alles wat goed is… vir jou, vir julle.

Hoeveel huwelike kort genade en vrede, hoeveel besighede, hoeveel skole, en hoeveel lande?

Mag jy gedurig leef in genade en vrede, mag dit op jou lippe wees, mag jy dit bring in ander se lewe rondom jou.

Pierre du Plessis is deel van die 3rd Place bediening in Hatfield, volg hulle op Twitter: @3rd_place

Bron: http://www.ekerk.org/